Huisgenoot

HOE SAL HY AANPAS?

-

Oscar sal weer aan baie alledaagse dinge moet gewoond raak, meen kenners.

“Die vreemdheid van vrylating ná ’n lang tyd in ’n gevangenis – byvoorbeel­d die stilte en rustigheid van ’n huis, om in ’n eie bed in ’n stil kamer te slaap en sosiaal met mense te kommunikee­r – kan aanvanklik ongemaklik wees, maar die meeste gevangenes pas aan omdat dit soveel beter as die tronklewe is,” sê Willie.

Nog ’n uitdaging sal wees om middels te vermy wat hom in moeilike situasies kan laat beland. “Dit kan veral ’n groot uitdaging wees om alkohol te vermy omdat dit so in sosiale aktiwiteit­e geïntegree­r is.”

Sy familie sal begrip moet hê daarvoor dat dit tydy sal neem om te integreer, meen Willie. “Maar hy moet ook nie opgepas of oorbeskerm word nie. Hy moet toegelaat word om homself te vind en onafhankli­k te wees.”

Oortreders behou dikwels kontak met familie en vriende buite die tronk terwyl hulle hul vonnis uitdien, “maar ná ’n lang tyd beweeg baie van hierdie mense aan, en wanneer die gevangene ontslaan word, moet daar dikwels nuwe bande gesmee word. Nuwe vriendskap­pe word in elk geval aangegaan, maar iemand soos Oscar kan uitgelewer wees aan nuuskierig­heid eerder as opregte vriendskap­pe.”

Oscar sou selfs kon ontaard in ’n soort kluisenaar uit vrees vir die openbare oog, want “mense ggaan hom nie vergeet soos ander wat ook moord gepleeg het nie”.

Hoewel oortreders, na gelang van hul misdaad, ’n sekere aantal jare ná vrylating kan versoek dat hul misdaadrek­ord geskrap word, is dit gewoonlik nie die geval met geweldsmis­dade nie, sê Llewelyn.

“Die onus gaan op jou wees om te bewys jy verdien nie meer die etiket van ’n moordenaar nie.”

’n Vriend van Oscar glo dat hy waarskynli­k nie uit die openbare oog sal verdwyn nie, maar minstens ’n ruk sal wil laag lê. “Hy sien nie die media as sy vyand nie, maar ek dink hy gaan nou net eers wil oorbegin.”

Die vriend meen Oscar het die laaste tyd meer opgeruimd gevoel oor sy naderende vryheid. “Die afgelope twee jaar gaan dit soveel beter met hom. Hy het ’n geestelike ervaring gehad. Dis asof hy homself persoonlik ook uitsorteer het.”

‘DIE VREEMDHEID VAN VRYLATING KAN EERS ONGEMAKLIK WEES’

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa