Huisgenoot

IS EK IN ’N SKYNHUWELI­K ?

-

Vyf jaar gelede het ek as wewenaar met ’n vrou getrou wat reeds deur drie egskeiding­s is.

Alles het goed gegaan en ons het ons in ’n sprokieshu­welik bevind.

Maar sedert ek met pensioen gegaan het, voer ons ’n worstelstr­yd om te oorleef. My seun het ook ná die inperking by ons kom woon omdat hy gesukkel het, maar hy het darem nou ’n werk. Hy kan nie sy eie verblyf bekostig nie, maar help ons met die nodige uitgawes. My vrou, wat werk, is ontevrede daarmee dat hy by ons woon.

Onlangs het sy ’n tyd lank by haar kinders gaan kuier wat oorsee woon. Sedert haar terugkeer het sy drasties verander. Sy het ’n nuwe werk op ’n ander dorp gekry en toe sommer ook daarheen verhuis.

Sy hou vol dit is omdat sy nie saam met my seun onder een dak kan leef nie.

Ek het ook my testament so aangepas dat sy eerder ’n maandeliks­e bedrag sal ontvang en nie meer alles in my boedel erf nie.

Sy is ontsteld daaroor en ek vertrou haar glad nie meer nie. Sy is lief daarvoor om geld uit te gee. Sy sê dat sy nie van my wil skei nie, want sy wil nie ons vriendskap verloor nie, maar dit voel ook asof sy eerder ’n enkellopen­de lewe wil lei. Dit voel asof sy my net finansieel gebruik.

Haar kinders meng in ons huwelik in. Ek glo hier sal nog

’n positiewe uitkoms wees – as haar kinders net nie so inmeng nie, of hoe?

Die hoop beskaam nooit. Maar in jou geval moet daar met ’n nugter oog na jul situasie gekyk word.

Sekere kenmerke is deel van ’n gesonde, gebalansee­rde verhouding. Soos wedersydse vertroue, oop kommunikas­ie, om mekaar se geselskap te geniet, mekaar op te bou, doelwitte te deel en as ’n span saam te werk. In die geval van saamgevoeg­de gesinne word daar ook daaraan gewerk om bande met mekaar te versterk en liefdevol teenoor mekaar op te tree.

Is dit wat jy in jul huwelik sien?

Jou vrou se optrede weerspreek wat as ’n gelukkige verhouding gekenmerk kan word. Daar is natuurlik die gevaar dat jul huidige situasie kan uitrek, en voor jy jou oë uitvee, leef julle jare lank so apart en verander jy mettertyd in ’n gestagneer­de, ongelukkig­e mens.

Ek wil graag die volgende vir jou sê:

■ Jy word moontlik in jou huwelik gemanipule­er.

■ Jou stiefkinde­rs is moontlik die stem in jou vrou se oor.

■ Dit klink nie of jou vrou enige poging aanwend om jul verhouding te laat groei nie.

■ Dit klink of jou vrou dalk nie meer hart en siel in jul verhouding is nie.

■ Sou sy nie instem tot huweliksbe­rading nie, is dit dalk tyd om jul toekoms saam te heroorweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa