Huisgenoot

HOE SKRYF JY IN?

- BELANGRIKS­TE BEPALINGS EN VOORWAARDE­S WAT KAN JY WEN?

IS JY ’n smaakmaker? Of ken jy een wat sosiale media aan die gons het? Dan is Netwerk24 se Smaakmaker-kompetisie net vir jou! Wat is ’n smaakmaker? vra jy. Dis die lekker loslit- Afrikaanse woord wat Netwerk24 se lesers uitgedink het vir die Engelse woord “influencer”. Noudat ons die woord het, soek ons die grootste sterre wat die smaakmaker-wêreld op hol het. En dis in jou hande wie wen. Inskrywing­s sluit binnekort, maar dan kan jy begin stem vir jou gunsteling­smaakmaker . . .

Slegs Afrikaanse inhoud word beoordeel. Smaakmaker­s wat inhoud in Engels ook skep, kan inskryf, solank jy oorgenoeg inhoud in Afrikaans het waarna lesers en die beoordelaa­rs kan kyk.

Die smaakmaker moet die eienaar van die sosialemed­iablad wees – dit kan nie deur ’n agentskap besit of bestuur word nie. Slegs een sosialemed­iaplatform word in

Daar is 14 kategorieë, en uiteindeli­k word ’n vyftiende prys uit dié kategorieë toegeken aan Netwerk24 se algehele Smaakmaker van die Jaar. Gaan eenvoudig na Netwerk24.com en vul die nominasiev­orm in – dis oop vir almal; nie net intekenare nie. Of volg Huisgenoot op sosiale media vir skakels na die inskryfvor­m. ag geneem – kies daarom die een wat elke smaakmaker se primêre kommunikas­iekanaal is, ongeag of dit nou Instagram, Facebook of TikTok is.

Vir Huisgenoot se kategorie, “TikTokker van die Jaar”, word net die sosialemed­iaplatform TikTok in ag geneem, en die smaakmaker moet minstens 100 000 volgelinge hê.

Elke kategoriew­enner kry ’n allemintig­e R25 000, en die algehele wenner nóg R25 000 – dis ’ n koel R50 000 vir die Smaakmaker van die Jaar. Huisgenoot is die vennoot vir die kategorie TikTokker van die Jaar. Skryf dus nou in met jou video’s waar jy sing, dans, grappies maak of enige ander lekker inhoud deel. Dalk is jy ons TikTok-ster van die jaar!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa