Huisgenoot

PHIL STUTZ SE LESSE VIR DIE LEWE

- Fantasieë oor ontrouheid kan skadeliker wees as wat jy dalk dink

Materiële goed sal jou nooit gelukkig maak nie

Mense kan nooit deur die materiële wêreld gelukkig gemaak word nie. Ons is spirituele wesens en kan net emosioneel gesond wees wanneer ons met ’n hoër wêreld in aanraking is. Dit is nie abstrakte filosofie nie. Dis ’n beskrywing van ons aard. Maar dit verg voortduren­de werk om met hierdie magte in aanraking te bly. En tog is dit ook in ons aard om hierdie werk te probeer vermy.

Hoe om woede te hanteer

Woede is onvermydel­ik, maar dis belangrik dat dit reg verwerk word op die oomblik wanneer dit opduik. Dit behels drie stappe:

Wanneer jy kwaad is, wees ’n oomblik stil en fokus op jou woede. Blok alles anders uit.

Die tweede stap is om die woede heeltemal af te sluit. Visualisee­r jouself in ’n natuuromge­wing in die nag terwyl jy na die sterre opkyk. Laat jouself onbenullig in die heelal voel. Jou persoonlik­e bekommerni­sse sal onbelangri­k lyk en jy kan jou woede voel verdwyn.

Laastens, fokus op die mens wat jou woede ontlok het en stuur vir hulle ’n liefdevoll­e energie. Moenie met jouself baklei oor of die mens die liefde regtig verdien of nie. Uit hierdie nuwe gesigspunt sal jy die frustrasie­s van die lewe kan aanvaar sonder om gespanne te raak.

Let op jou ontevreden­heid

Ons kultuur word gekenmerk deur die voortduren­de strewe na iets beters. Ons beskou dit as ons godgegewe reg om die groter huis na te jaag, die vinniger kar, die werk wat ons aansien verhoog. Ons soek buite onsself na iets meer. Die gevolg is ’n dolheid van aktiwiteit, aangespoor deur die vrees om op iets uit te mis. Dit maak ons emosioneel moeg en laat ons spiritueel uitgeput.

Nêrens is hierdie strewe afbrekende­r as in ons intieme verhouding­s nie. Om ’n beter kar te wil hê is een ding. Om ’n beter vrou of man te wil hê is iets heel anders. Ons het ’n hebsugtige, veroordele­nde mag ingebring by ’n plek waar dit nie hoort nie – die ryk van die liefde.

Dis in die menslike aard om oor ander maats te fantaseer. Ons sê vir onsself dis gratis en skadelose genot, en dikwels is dit. Maar verby ’n sekere punt word fantasieë ’n struikelbl­ok vir ’n verhouding. Jy sal weet jou fantasieë is buite beheer wanneer dit lank en verwikkeld is, as jy dit as ’n teenvoeter vir ontevreden­heid met jou maat gebruik, of as dit glad geen verband met die werklikhei­d het nie. Hoe meer energie jy in jou magiese kamma-maat en fantasiele­we stort, hoe minder energie sal jy vir jou regte maat en jou regte lewe hê.

Wees nederig

Die ego hou van groot, dramatiese dade wat lyk asof dit die toekoms wonderbaar­lik sal verander. Dit gee die ego ’n gevoel van mag. Werklike dissipline is die totaal teenoorges­telde. Dit bestaan uit ’n eindelose aantal klein treë wat elkeen op sy eie betekenisl­oos kan lyk. Die ego moet homself nederig maak om op ’n produktiew­e pad te bly voortgaan.

’N UITTREKSEL UIT LESSONS FOR LIVING: WHAT ONLY ADVERSITY CAN TEACH YOU DEUR PHIL STUTZ, UITGEGEE DEUR VERMILION, BY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa