Huisgenoot

1 ONS KUIER BY KLEIN KWAGGA DIE DANSKONING

Sy naam is eintlik Dirkco Jansen van Nieuwenhui­zen, maar vir die land sal die sewejarige ‘Lyfie’-buksie altyd net Kwagga wees

-

Jy’s ’n pragtige seun met ’n lus vir die lewe en pragtige maniere. Dankie vir daai beroemde dans, dit doen die ding! Van opgewek opstaan tot rustig gaan slaap is dit ’n briljante tonic vir ’n mens se gemoedstoe­stand.

OHNA

Kwagga, jou oulike seun! Jou ouers het jou goeie kwaliteite geleer. Die dag toe ek jou hoor praat met die tannie oor die radio was ek beïndruk met jou goeie maniere. Ek salueer ook jou ouers. Hulle seuntjie gaan dit ver bring.

MARIAAN

Ek is een van baie wat my verkyk aan die talentvoll­e seun. Tog is daar in my hart ook die wens dat alle kinders in ons land dieselfde geleenthed­e kon geniet. Soveel ken nie basiese dinge soos ’n liefdevoll­e en veilige ouerhuis nie.

STEPHANIE

Klein Kwagga van Balfour, ek glo jy is uitverkies vir nog baie groot dinge in jou lewe. Mag die Vader jou nog baie in hierdie lewe seën. Dankie ook vir sulke oulike ouers wat jou so mooi opgevoed het.

SARIE

2 Cindy Swanepoel (dr. Annelize) groet Binnelande­rs

Ek het gemengde gevoelens. Hartseer en kwaad. Wou so graag hê dat sy in Binnelande­rs bly. Ek mis haar baie en dan praat ek nie eens van At nie. Hulle was deel van ons sitkamer. Hoop jy is gelukkig op jou pad vorentoe.

ELSA

Ag, nee, man! Annelize sal beslis moet terugkom. Binnelande­rs sal mos nooit weer dieselfde wees sonder jou nie. En ek praat nou nie van daai mak Annelize van die laaste paar episodes nie, ek praat van die kwaai een.

SPOKIE

3 Nianell oor die dood van haar en sus Riana se pa

So jammer oor die groot leemte wat gelaat is. Julle ouers is nou saam. Sal nooit vergeet toe jou ma oorlede is nie, jy het die aand opgetree. Sterkte, julle is in my gebede. Al my liefde, ek is ’n groot bewonderaa­r van albei.

GERDA

Sterkte, julle twee. En weet hy is nie meer so swak waar hy nou is nie. Hy en jul mamma sal wil hê julle moet voluit lewe en nie ongelukkig wees nie. Tot die dag wanneer julle almal weer saam sal wees. Liefde en sterkte vir julle.

NATHAN

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa