Huisgenoot

WYSE raad VAN DIE STERRE

Van die beste raad wat at ons kry, kom van familie en vriende de – en soms is daar pêrels van wysheid van ons gunsteling-celebs

-

DIS OUKEI AS NIE ALMAL VAN JOU HOU NIE

Sy is dalk ’n Oscarbekro­onde aktrise en is nou weer benoem vir haar rol in die rolprent Poor Things, maar EMMA STONE het geleer dat jy nie almal se guns kan wen nie. “Dis oukei as nie almal van jou hou nie,” sê Emma in ’n onderhoud met Vogue UK se Giles Hattersley. “En ek stel nie daarin belang om hulle te probeer oortuig dat ek ’n aangename mens is nie. Dis interessan­t dat jy verwys na die ‘bekoring’ wat deel is van my openbare persona. Deels is dit skade aan my, en deels is dit my eie foute en swak plekke.”

WEES SELF DIE HELD WAT JY NODIG HET

ZOE SALDANA is bekend as ’n kickass- aktrise – daar is net nie ’n ander woord nie – as dit kom by die speel van ’n aksieheld. Maar as ’n bruin vrou moes sy twee keer so hard werk om deur die glasplafon van Hollywood te breek. “Ek het die heldin geword wat ek nodig gehad het,” het Zoe aan Daily Mail gesê by die bekendstel­ling van haar nuwe digitale nuusplatfo­rm, BESE, wat daarop gemik is om diversitei­t te vier. “Ek was altyd bewus van die impak wat dit sou hê op die jong mense daar buite wat soos ek lyk, om te sien hoe ek sterk vrouerolle speel. Ek het die superheld geword wat ek graag wou hê.”

HOU JOU BELOFTES

“My pa het my geleer om altyd my beloftes na te kom, selfs al lyk dit of daar ’n beter opsie is of dat ek iets kan doen wat my beter sal pas. Wees getrou aan jou woord,” vertel HUGH JACKMAN oor sy pa, JOHN, se raad.

MOENIE TOB NIE

J JANELLE MONÁE het haar raad vir angstighei­d ge gekry by medesanger ERYKAH BADU, saam met wie sy gewerk het aan die liedjie “Q.U.E.E.N.”. “Erykah het eenkeer vir my gesê: ‘Klim uit jou kop uit.’ Wanneer ek my bekommer oor iets, onthou ek daardie woorde w om myself net weer te anker an en nie so erg te tob dat ek dinge te veel analiseer nie.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa