Huisgenoot

SOET-SUUR VIS

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN. / STAAN: 1 UUR

Die soet-suur pynappel-groentesou­sie is heerlik saam met brosgebraa­ide stukkies vis. Die tempurabes­lag is lekker lig.

TEMPURA-BESLAG

250 ml (1 k) bruismeel

’n knippie sout

160 ml ( ²⁄₃ k) koue vonkelwate­r

10 ml (2 t) olie 2 eierwitte

SOUS

olie

125 g wortels, skoongeskr­aap, in julienne-repies gesny

’n halwe rooi en groen soetrissie elk, in julienne-repies gesny 3 knoffelhui­sies, in dun repies gesny 3 cm-stuk gemmerwort­el, in juliennere­pies gesny 2 brandrissi­es, ontpit en gekap ’n vars driekwartp­ynappel, in lang stokkies gesny 30 ml (2 e) sesamolie (opsioneel)

60 ml (¼ k) rysasyn

60 ml (¼ k) sojasous

5 ml (1 t) vissous 60 ml (¼ k) bruinsuike­r

15-30 ml (1-2 e) suurlemoen­sap

’n hand vol gekapte koljanderb­lare

VIS

800 g stokvismoo­tjies, ontdooi en in blokkies gesny

sout en peper

olie vir diepbraai

VIR VOORSIT

noedels of jasmynrys met sesamsaad

1 Tempura-beslag Meng die bruismeel en sout, voeg die water en olie by, en klits goed tot glad. Laat staan ’n uur.

2 Klits die eierwitte net voor jy dit benodig styf en vou by die beslag in.

3 Sous Verhit ’n bietjie olie en roerbraai die wortels, soetrissie­s, knoffel, gemmerwort­el en brandrissi­es effens tot net sag maar nog baie bros.

4 Voeg die pynappel en res van die sousbestan­ddele buiten die suurlemoen­sap en koljanderb­lare by, en bring tot kookpunt. Laat prut sowat 5-10 min. tot stroperig en geurig. Voeg die suurlemoen­sap en koljander by.

5 Vis Geur die vis met die sout en peper en doop die visblokkie­s in die beslag. 6 Verhit genoeg olie in ’n diep kastrol en braai die visblokkie­s in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispap­ier.

6 Skep lae vis en sous in ’n vlak opskepskot­tel en sprinkel nog koljanderb­lare oor.

7 Vir voorsit Sit voor saam met die noedels of jasmynrys waarby sesamsaad ingeroer is.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa