Huisgenoot

OOSTERSE HEEL HOENDER

-

GENOEG VIR 4-5 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: SOWAT 1 UUR

Pynappel ingemeng by die marinade van lemmetjies, koljanderb­lare, gemmerwort­el en knoffel saam met ’n bietjie anyssaad verskaf nie net ’n heerlike ekstra soet-suur smaak daaraan nie; die ensiem bromelien dien ook as versagmidd­el om die hoender heerlik sag en sappig te maak.

MARINADE

10 ml (2 t) anyssaad

3 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r

3 cm-stuk gemmerwort­el, fyngeraspe­r

sout

’n halwe pynappel, afgeskil en fyngekap

45 ml (3 e) sojasous

1 bos koljanderb­lare met wortels, goed afgespoel en fyngekap

30 ml (2 e) strooisuik­er 2 rooi brandrissi­es, pitjies verwyder en fyngekap sap en fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen sap en fyngeraspe­rde skil van 2 lemmetjies

60 ml (¼ k) olie

HOENDER

1 heel hoender

3-4 rooi-uie, in wiggies gesny

VIR VOORSIT

’n halwe pynappel, geskil en in blokkies gesny

1 rooi brandrissi­e, ontpit en gekap

2 saadlose minikomkom­mers, in skyfies gesny

’n hand vol gekapte koljanderb­lare

’n spatsel rysasyn

Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n oondbak met ’n bietjie olie.

1 Marinade Druk die anyssaad saam met die knoffel en gemmer en ’n klein bietjie sout in ’n vysel en stamper fyn. Meng met die res van die marinadebe­standdele.

2 Hoender Lig die vel oor die bors en druk van die marinade onder die vel in. Maak ook ’n paar kepe oor die dytjies.

3 Pak die uie in die oondbak en plaas die hoender bo-op. Giet die res van die marinade oor.

4 Oondbraai 15 min., verlaag die temperatuu­r tot 180 °C en oondbraai nog 30-45 min. of tot die hoender goudbruin en gaar is.

5 Haal die hoender uit en kook die pansappe en uie op die stoofplaat tot sag en effens gekaramell­iseer. Skep in ’n opdienbord en plaas die hoender bo-op.

6 Vir voorsit Meng die pynappel, brandrissi­e, komkommers, koljanderb­lare en spatsel asyn en sit voor saam met die hoender.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa