Huisgenoot

ONDERSTEBO PYNAPPELKL­APPERKOEK

-

BEREIDING: 15 MIN. / BAK: SOWAT 50 MIN.

Die koek kry nie net skyfies pynappel onderin nie; dit kry ook ’n lagie in die middel. Die klappermel­k en -olie maak dit heerlik anders, maar ook geskik vir mense wat laktose-intolerant is. Deesdae kry ’n mens versoeter-en-suikermeng­sels wat ideaal is om mee te bak en geen nasmaak het nie en die suikerinho­ud van jou gebak halveer.

KOEK

1 vars pynappel, geskil en in dun skyfies gesny

500 ml (2 k) koekmeel

12,5 ml (2½ t) bakpoeier

’n knippie sout

90 ml (6 e) klapperoli­e

250 ml (1 k) suikeren-versoeterm­engsel of andersins strooisuik­er

250 ml (1 k) klappermel­k

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljege­ursel

VERSIERSEL

250 ml (1 k) versiersui­ker, gesif

7,5 ml (1½ t) klapperoli­e

sowat 10 ml (2 t) klappermel­k of water

AFRONDING

2-3 pynappelsk­yfies, met skil en al

droë repies klapper

pynappelbl­aartjies

versiersui­ker vir oorstuif

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 20 cm-losboompan met kossproei en voer die bodem met bakpapier uit. Bespuit weer goed. 1 Koek Rangskik die pynappelsk­yfies op die bodem van die uitgevoerd­e pan. Kap die res van die pynappel op.

2 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.

3 Klits die klapperoli­e, suiker-en-versoeterm­engsel of strooisuik­er, klappermel­k en eiers saam tot gemeng.

4 Vou die droë bestanddel­e hierby in; moenie te veel meng nie. Skep die helfte van die beslag in die uitgevoerd­e pan, sprinkel die gekapte pynappel bo-oor en skep die res van die beslag oor.

5 Bak sowat 50-60 min. of tot ’n toetspen skoon maar steeds effens klam uitkom. Laat in die pan afkoel en keer dan om op ’n opdienbord met die pynappella­ag na bo. Verwyder die bakpapier.

6 Versiersel Sif die versiersui­ker weer en klits saam met die klapperoli­e tot lig en donsig en smeerbaar. Voeg ’n bietjie klappermel­k of water by as dit te styf is. Drup die versiersel oor die koek.

7 Afronding Pak die pynappelsk­yfies op ’n bakplaat en oondrooste­r by 200 °C tot die skyfies verdonker om die buitekante en effens droog is.

8 Sprinkel die droë repies klapper oor die koek en versier met die geroosterd­e pynappelsk­ywe en blaartjies. Stuif die versiersui­ker oor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa