Huisgenoot

WATERDRAER

- Deur PETRA DU PREEZ

21 JAN – 18 FEB

Verwag ’n mate van intensitei­t in jou lewe, veral rondom die 20ste, wanneer die kragtige Pluto in lyn skuif met die son. Pluto, ook bekend as die planeet van transforma­sie, maak ook hierdie week ’n langtermyn­skuif namate dit in jou teken inbeweeg. Dink hieraan as ’n kans om dit wat nie meer ’n doel in jou lewe dien nie – situasies, mense en dinge – te begin uitskakel. Dit klink dalk genadeloos, maar dis noodsaakli­k vir ’n vars, nuwe begin. GELUKKIGE NOMMERS

1, 15, 40, 45, 37, 3

VISSE

19 FEB – 20 MRT

’n Krisis met ’n vriend kan jou lei om baie aspekte van jou lewe te herevaluee­r. Dit is dalk tyd om skiet te gee wat grense betref. Jy neig van nature daartoe, maar probeer om in die proses nie te veel van ander mense se dinge op jou te neem nie. ’n Nuwe reis om jou spirituali­teit te integreer kan begin, maar jou vriende het nou liefde nodig, veral dié wat deur moeilike tye gaan. GELUKKIGE NOMMERS

3, 10, 28, 50, 27, 7

RAM

21 MRT – 19 APR

As jy van voorneme was om ingrypende veranderin­ge te maak aan wat jy vir ’n lewe doen, is dit dalk nou die regte tyd vir die sprong. Om verouderde en herhalende take ter wille van sekuriteit te doen is dalk nie meer jou styl nie. Daar is ook ’n hernude fokus op werk saam met ander. Jy wek ’n goeie indruk van die 23ste af. GELUKKIGE NOMMERS 47, 31, 15, 3, 23, 46

BUL

20 APR – 20 MEI

Jy voel dalk ’n bietjie sentimente­el of sensitief rondom die 19de, maar probeer om nie toe te laat dat ’n vriend jou beïnvloed om swak finansiële besluite te neem nie. Die hooffokus van dié week is die verskuiwin­g van die planeet van begin en einde, Pluto, na jou loopbaanho­roskoop. Jy sal baie kanse hê om veranderin­g te fasiliteer, maar onthou dat jy sulke veranderin­ge sal wil inisieer pleks dat dit op jou afgedwing word. GELUKKIGE NOMMERS 10, 21, 30, 52, 24, 19

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jy is die afgelope paar jare deur ’n paar groot sielkundig­e skuiwe. Dit kan selfs vir jou moeilik wees om dit in perspektie­f te plaas en wat gebeur het binne die groter prentjie te sien. Nadat jy die verlede afgesluit het, kan jy nou fokus op ’n hele nuwe wêreld van opvoeding en filosofie, hoe jy dit ook al interprete­er. Dit is die ideale tyd om ’n studiekurs­us te begin en van ’n ander kultuur of geloof te leer, maar maak jou reg vir ’n ervaring wat jy net een keer in jou leeftyd sal hê.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 30, 9, 4, 29, 31

KREEF

21 JUN – 21 JUL Verhouding­s het hul op- en afdraandes oor die laaste paar jare gehad, maar sodra Pluto jou liefdeshor­oskoop op die 21ste verlaat, kan jy verseker wees jou harde werk is beloon. Watter stof ook al van ’n onlangse uitval nog in die lug hang, behoort nou te gaan lê, en jy kan ’n mate van normalitei­t verwag. Op die 23ste beweeg die liefdesdiv­a, Venus, in jou liefdeshor­oskoop in, so raai wat is voorop in jou gedagtes . . .

GELUKKIGE NOMMERS 5, 12, 19, 44, 17, 7

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Dit is ’n groot week vir Leeus aangesien die planeet van transforma­sie, Pluto, ’n posisie teenoor jou teken inneem. Die kans is goed dat jou uitdagings oor die volgende paar jare deur ander mense aan jou voorgehou sal word, asof hulle die boodskappe­rs word wat dit wat jy moet leer aan jou oordra. Op ’n ligter noot kan daar vir jou romanse in die lug wees, maar dit sal waarskynli­k meer afleiding wees as wat dit die moeite werd kan wees. By die werk stoom dinge darem vrolik voort. GELUKKIGE NOMMERS

2, 11, 37, 42, 25, 3

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jy en jou geliefde is dié week baie bewus van mekaar se sensitiwit­eite, wat daartoe kan lei dat julle julself in watte toedraai. Dis egter van korte duur, en wanneer die kragtige Pluto van teken verander en na die Waterdraer skuif, sal jy vir seker weet wat jou prioriteit­e behoort te wees. Werk en diensbaar wees teenoor ander is een van jou leuses, maar van hierdie punt af het jy die kans om dit na die volgende vlak te neem. Wees dapper. GELUKKIGE NOMMERS

1, 21, 25, 29, 24, 13

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

As jou huis- en gesinslewe die afgelope paar jare vol drama was, is jy gereed vir ’n veranderin­g en hopelik ook rustiger tye. Die buitenste planeet, Pluto, vestig hom op die 21ste in ’n versoenbar­e lugteken. Vir jou is die fokus daarop om jou kreatiwite­it te ontwikkel en te benut, nie net as ’n uitlaatkle­p vir wie en wat jy is nie, maar as ’n bron van inkomste en ’n potensiële nuwe loopbaan. GELUKKIGE NOMMERS

17, 22, 30, 45, 24, 13

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jou heersende planeet, Pluto, verander dié week van teken en gevolglik verskuif jou fokus op die lewe ook. Dit is ’n geleidelik­e en subtiele proses, so moenie die gelui van klokke verwag om dit aan te kondig nie. Die betrokke gebied van jou lewe hou verband met jou huis, gesin, huislewe en grondslag in die lewe. Dink hieraan as ’n tydperk waarin jy dit wat oud is met die nuwe vervang en daarop bou, of dit nou op ’n metafories­e vlak of ’n fisieke vlak is, of waarskynli­k albei. GELUKKIGE NOMMERS

15, 34, 37, 41, 35, 33

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Kyk of jou verwagting­e van dié by die huis realisties is of nie, anders voel jy dalk in die steek gelaat of teleurgest­eld dat dinge anders uitgewerk het. Dit gaan op die ou end oor kommunikas­ie, en dit is dan gepas dat Pluto, die planeet van wonders, hom dié week in jou kommunikas­iehoroskoo­p vestig. Dit bied nuwe maniere om te kommunikee­r, hetsy digitaal, tegnologie­s of fisiek. GELUKKIGE NOMMERS

3, 19, 31, 44, 30, 15

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Die genadelose Pluto het etlike jare lank deur jou teken beweeg en ’n swaar las op jou skouers geplaas. Dit gaan op die 21ste verander, wanneer Pluto eindelik jou teken verlaat en in die Waterdraer te lande kom. Jy wil dit dalk vier, al is dit net om te erken jy het dit oorleef. Jou nuwe fokuspunt sal geld, bates en inkomste wees, maar geniet dit tot dan om ’n bietjie ligsinnig te wees met die liefdesdiv­a, Venus, in jou teken.

GELUKKIGE NOMMERS

2, 10, 38, 47, 20, 3

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa