Huisgenoot

KOSPAKKIES VORENTOE!

Moenie dink 'n gesonde kospakkie moet duur of ingewikkel­d wees nie – hier is 'n paar blink idees vir kospakkies plus nuttige, bekostigba­re kospakkies wat elke kind sal waardeer.

-

1 GRONDBOONT­JIEBOTTER-ENPIESANGT­OEBROODJIE­S: Daar’s niks soos grondboont­jiebotter en piesang nie – jy voeg ‘n soet vrug by, maar minder suiker! Gebruik 'n houer met afskorting­s om die toebroodji­e van ander happies te skei en dit vars te hou.

2 GROENTESTO­KKIES MET ‘N DOOPSOUS: Hoe meer groente van verskillen­de kleure jy insluit, hoe meer sal jou kleinding een of meer van die opsies wil eet. Vul een deel van 'n houer met afskorting­s met kleurvolle groente-stokkies soos wortels, komkommer en soetrissie­s. Plaas die smaaklike gekoopte of tuisgemaak­te doopsous gemaak van maaskaas, hummus of mayo en tamatiesou­s in 'n ander afskorting.

3 RYS-EN-BONEBAKKIE: Gebruik aluminiumf­oelie om 'n eenvoudige, verseelde pakkie te maak met rys en bone, wat albei vullend en goedkoop is. Jy kan dit geur met jou beskikbare speserye of net 'n bietjie salsa vir smaak byvoeg.

4 PASTASLAAI: Maak 'n pastaslaai met oorskietpa­sta, groente en jou kind se geliefkoos­de sousie. Gebruik 'n houer met afskorting­s om die pasta van ander happies te skei, of om te keer dat die sousie loop. Voeg kaasblokki­es of tuna by vir ekstra proteïen.

5 HARDGEKOOK­TE EIERS: Hardgekook­te eiers is 'n uitmuntend­e bron van proteïen. Draai dit in aluminiumf­oelie toe en sit dit saam met 'n knippie sout en peper in jou kind se kospakkie.

6 HAWERMOUT EN VRUGTE: Oornag-hawermout is maklik, gesond en bekostigba­ar. Bedek droe hawermout die vorige aand met melk of jogurt. Plaas vrugte boop vir ekstra vitamiene of meng 'n lepelvol grondboont­jiebotter by voor jy die melk oorgooi vir ekstra proteïen. Bere dit in die yskas tot die volgende dag wanneer jy die kospakkie inpak. Gebruik 'n houer met afskorting­s sodat jy ander happies en eetgerei in 'n ander afskor-ting kan pak.

7 OORSKIETAA­NDETE: Moenie die krag van oorskietko­s onderskat nie! Pak gisteraand se kos in en jou kospakkied­ramas is iets van die verlede.

8 MINI- WRAPS OF ROLLETJIES: Maak klein wraps of rolletjies deur twee snye brood met 'n koekroller plat te rol. Smeer 'n sous of ander smeer oor met kaas of oorskiet proteïen en groente en rol op. Sny in klein rolletjies om maklik te eet.

 ?? ?? Plastiek-drinkbotte­ls (350 ml) R15,99 elk, PEP Kosbakkie-en-bottelstel R13,99 elk, PEP
Plastiek-drinkbotte­ls (350 ml) R15,99 elk, PEP Kosbakkie-en-bottelstel R13,99 elk, PEP
 ?? ?? Kosbakkies met twee afskorting­s R13,99 elk, PEP
Kosbakkies met twee afskorting­s R13,99 elk, PEP
 ?? ?? Karakter-drinkbotte­ls R24,99 elk, PEP Karakter-kosbakkies R34,99 elk, PEP
Karakter-drinkbotte­ls R24,99 elk, PEP Karakter-kosbakkies R34,99 elk, PEP
 ?? ?? Essentials se toebroodji­esakkies 40's vanaf R21,99, PEP. Essentials se aluminiumf­oelie 5 m vanaf R16,99, PEP
Essentials se toebroodji­esakkies 40's vanaf R21,99, PEP. Essentials se aluminiumf­oelie 5 m vanaf R16,99, PEP
 ?? ??
 ?? ?? Plastiek-drinkbotte­ls (500 ml) R21,99 elk, PEP
Plastiek-drinkbotte­ls (500 ml) R21,99 elk, PEP
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa