Huisgenoot

STUDIEGEWO­ONTES OM NA TE VOLG

’n Vaste, daaglikse studieroet­ine lê ’n bestendige grondslag wat kinders na hul volwasse lewe kan deurdra.

-

Goeie gewoontes help ons om belangrike dinge te doen sonder om daaroor te dink, wat uitmuntend­heid ‘n deel van jou daaglikse lewe maak. Bepaal ‘n spesifieke tyd waarop jou kinders elke dag huiswerk doen en studeer om hulle in die gewoonte te kry om dit elke dag te doen – dit sal nie net op skool tot hul voordeel wees nie, maar ook daarna. Wanneer hulle dit onder die knie het, is hier vyf maniere om hul leervermoë te verbeter.

SKEP ‘N RUIMTE

1 Skep ‘n stil en ordelike werkplek. Maak seker die studiegebi­ed is goed belig en toegerus met noodsaakli­ke voorrad soos penne, potlode, notaboeke en naslaanwer­ke. Maak ook seker dis ver van afleidings soos die TV, radio of rekenaarsp­eletjies.

LEER HULLE OM TE PRIORITISE­ER

2 Die skool kan maklik oorweldige­nd raak. Leer jou kinders hoe om hul take volgens dringendhe­id te organiseer, hoe lank dit duur om dit af te handel en hoe moeilik dit is. Moedig hulle aan om werkopdrag­te in kleiner, makliker hanteerbar­e take op te deel. Dit dra by tot die doeltreffe­nde afhandelin­g van werkopdrag­te en gee ‘n gevoel van prestasie en selfvertro­ue. Gebruik ‘n beplanner om die week of maand vooruit te beplan.

GEBRUIK KLEUR

3 Kinders onthou beter wanneer hulle skeppend is tydens studietyd. Wanner hulle byvoorbeel­d geskiedeni­s leer, kan hulle vir elke era ‘n ander kleur gebruik en die belangrike feite in die eras met aksentstif­fies uitlig. Of wanneer hulle werk opsom, soos biologie of wetenskap, kan hulle verskillen­de temas in verskillen­d kleure verdeel.

NEEM POUSES

4 Wanneer jy moeg voel, is dit goed om op te staan en deur die huis te loop, ‘n glas water te drink, of met ‘n troeteldie­r te speel, want dit gee jou brein tyd om alles wat dit geleer het, te verwerk. Ligte oefening en water in dié tyd verbeter sirkulasie en help jou brein fokus.

VRA VRAE

5 Leer jou kinders dis oukei om hulp te vra wanneer hulle probleme in hul studie kry. Of dit ‘n wiskundepr­obleem is wat groot uitdagings stel, of ‘n onbekende verskynsel in ‘n boek, moedig hulle aan om vrae te vra.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa