Huisgenoot

WENKE VAN DIE BEGROTINGS­KENNERS

Hierdie ma’s se begrotings­wenke het vir hulle derduisend­e volgelinge op sosiale media besorg.

-

‘DEUR DIE HOEVEELHEI­D VLEIS TE SNY EN MEER GROENTE IN TE SLUIT, HET ONS BAIE GELD GESPAAR EN GESONDER BEGIN EET’

KATE KA WALTERS is oor- rv val met versoeke vir r raad toe mense hoor sy hou haar kruidenier­sbegrot ting onder R1 000 p per week vir ’n gesin van vier – haarself, haar ar man, Denton, en twee kinnders van 6 en 3 jaar oud. Sy het ’n blog begin om haar spaarwenke te deel.

Kate se vyf beste wenke

1

Maak elke week ’n maaltydpla­n en sluit soveel moontlik bestanddel­e in wat reeds in jou huis is. Kyk eers wat is in jou yskas, want dit gaan die vinnigste verval. Kyk dan in die vrieskas en spens vir die res van jou bestanddel­e vir die week. Gaan winkel toe net as laaste uitweg. Dit kan jou kosrekenin­g halveer.

2

Sien vleis as ’n “lekker ekstra”. In die verlede het ons baie vleis geëet, feitlik met elke maaltyd. Deur die hoeveelhei­d vleis te sny en meer groente in te sluit, het ons baie geld gespaar en gesonder begin eet.

3

Maak wat oorbly môre se hoofmaalty­d, nie net iets vir die kosblik wat jy werk toe vat nie. Jy kan oorskietko­s tot ’n volgende maaltyd omskep deur groente by te voeg of dit met pasta te bak. Moenie oorhaastig ekstra bestanddel­e koop nie. Gebruik wat jy het en wees kreatief.

4

Eet minder uit. Dis makliker gesê as gedaan, so maak ’n plan om jouself te keer voor jy na ’n restaurant of kitskosple­k ry. Een manier is om ’n begroting te hê van hoeveel geld jy op restaurant­e of wegneemkos mag uitgee. Vir ons is dit R250, wat beteken net een keer per maand vir ons vier.

5

Daag jouself ook uit om vir ’n ruk niks geld uit te gee nie. Ek doen soms hele weke waar ek probeer om geen geld uit te gee nie, onder meer deur geen bykomende kruidenier­sware te koop nie. Dit help jou om ’n kopskuif te maak.

NCUMISA NC NDELU bedryf b ’n Facebook-groep genaamd 1 Family 1 Stockpile, waar sy ook spaarwenke d deel.

Ncum Ncumisa se vyf beste bestewe wenke

1

Moenie aan die koop gaan net omdat dit betaaldag is nie. Party mense blaas geld die dag wanneer hul salaris inkom, en dan sukkel hulle die res van die maand.

2

Weet wat dinge kos sodat jy ’n ware winskopie kan raaksien as jy dit teëkom. Maak iewers ’n nota van die tipiese pryse van items sodat jy dit kan gebruik om op die hoogte te bly van wat dinge behoort te kos.

3

Moet nooit geld uitgee net omdat winkels jou vertel dis tyd daarvoor nie. Adverteerd­ers kondig byvoorbeel­d soms aan dat dit nóú tyd is om winterkler­e of somerklere te koop – volg eerder jou eie wysheid en koop wanneer dit nodig is.

4

Die hele gesin moet saamwerk om geld te spaar. Betrek kinders by gesprekke oor geld sodat hulle ook kan leer van spaar en begrotings.

5

Lewe binne jou perke. Ideaal gesproke moet jy elke maand van jou geld oorhou wat jy kan spaar.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa