Huisgenoot

JOU UITSLAG

-

0-6 JY SLAAP DALK TE VEEL

Lang, genesende slaap is baie belangrik vir jou gesondheid, so dit is wonderlik dat jy so maklik slaap. Maar as jy sukkel om weer wakker te word, of in jou stoel aan die slaap raak, is daar dalk ’n ander probleem.

As jy omtrent heeldag net aan die slaap wil raak, staan dit bekend as hipersomni­e, ’n toestand met baie oorsake, van depressie en skildklier­probleme tot ’n gebrek aan sonlig.

“Wanneer jy wakker word, moet jy die gordyne oopmaak om soveel natuurlike lig moontlik in jou slaapkamer in te laat. Dit sal jou brein aanmoedig om op te hou melatonien (slaaphormo­ne) vervaardig sodat jy uit jou sluimering kan ontwaak,” sê Rob.

As jy so vaak voel dat dit jou lewensgeha­lte beïnvloed, moet jy jou huisdokter besoek, beveel Rob aan. Daar kan ’n onderligge­nde fisiologie­se oorsaak wees, soos probleme met jou skildklier of hart, of dalk depressie.

7-12 BAKLEI JY TEEN DIE MOEGHEID?

As jy lank genoeg slaap, maar jy voel steeds moeg, is die probleem dalk dat jy deur die loop van die nag soms wakker word. Selfs party mense wat dink hulle is uitstekend­e slapers raak vlugtig aan die einde van elke slaapsiklu­s wakker, sê die slaapkenne­r James Wilson.

Oorpluisie­s en ’n slaapmaske­r kan jou help om enige steurings uit te blokkeer. Jy moet ook probeer wegbly van alkohol. Navorsing het getoon selfs liggies drink voor slaaptyd kan jou slaap met tot 24% verminder.

Slaapapnee kan ook die oorsaak wees. Dié toestand, wat jou laat snork en snak, is by vroue algemener ná menopouse.

Baie mense weet nie eens hulle het dit nie. “’n Gevaarlig is as jy deur die loop van die dag moeg is, selfs al het jy sewe of agt uur lank geslaap. Nare hoofpyne is ook ’n simptoom,” sê James.

As jy op jou rug slaap, probeer om eerder op jou sy te slaap. As jou moegheid nie einde kry nie, gaan dokter toe.

13-18 JOU SLAAP IS STUKKEND

As jy so gedurig wakker word, beteken dit jy kry nie gehalterus nie. Jy moet agter die kap van die byl kom en kyk of jy iets aan die probleem kan doen.

“Jou ouderdom het ’n impak op jou slaapsiklu­s. As jy ouer is, bring jy meer tyd in die ligte slaapfases deur en minder in diep slaap,” sê Rob. Dié versteurin­g word dikwels deur ’n afname in estrogeenv­lakke meegebring, en menopousal­e sweet kan jou ook wakker maak.

As jy elke nou en dan ’n draai moet gaan loop of rustelose-bene-sindroom het, kan dit dinge vererger. Aan die ander kant kan ’n gesonde slaapomgew­ing dinge verbeter.

Rob beveel aan jy hou die vertrek baie donker, koel en stil. Hy stel ook voor jy kry elke sewe jaar ’n nuwe matras.

Kort slapies deur die loop van die dag kan ook help. “Hou dit korter as 30 minute om te keer dat jy buierig raak,” sê hy.

19-24 JY KRY NOOIT GENOEG SLAAP NIE

’n Chroniese slaaptekor­t kan jou nie net moeg laat voel nie, maar ook jou risiko vir ander gesondheid­sprobleme verhoog.

Die onvermoë om te slaap vererger ook jou angsvlakke – wat dit nog moeiliker maak om aan die slaap te raak. “Ons kan onsself nie dwing om aan die slaap te raak nie, en dit raak erger as ons daaroor gestres raak,” sê James.

Gee aandag aan die basiese boublokke van ’n slaaproeti­ne. Doen iets kalmerend voor jy gaan slaap. Vermy kafeïen ná tweeuur die middag. Gaan elke aand dieselfde tyd bed toe.

Jy kan ook ’n swaarder kombers oorweeg. “Party mense vind die gewig help hulle om emosioneel en fisiek veilig te voel,” sê James. “Dit bring hul hartklop af, en dit sit hul lyf in die regte toestand om aan die slaap te raak.”

Kognitiewe gedragster­apie is ’n doeltreffe­nde manier om slaaploosh­eid en chroniese slaapprobl­eme op te los.

Oorweeg dit om ’n berader te spreek. Jou huisdokter kan jou na iemand verwys.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa