Huisgenoot

EENSYDIGE VERHOUDING

-

V Volgende jaar sal ek 24 jaar oud word. My meisie is ’n jaar ouer. Ons albei woon nog in ons onderskeie ouerhuise. Ons werk daagliks lang ure.

Wanneer sy soms vervoerpro­bleme het, neem ek ’n hele dag se verlof om haar uit te help. Verder doen ons niks saam nie. Ons gaan nie saam uit nie en woon niks saam by nie. Sy stel nie belang in enige voorstelle wat ek maak vir goed om saam te doen nie. Wanneer ek haar iewers heen nooi, wil sy ook nie gaan nie.

Ek dink nie die lang werkure is die rede vir haar afsydighei­d nie.

Raad sal waardeer word, asseblief.

A Gewoonlik is paartjies baie opgewonde om by mekaar te wees. Veral in taamlike jong verhouding­s wil ’n mens vir die wêreld wys jy het iemand spesiaals. Wat jy in jou brief beskryf is die teenoorges­telde. Daar kan verskeie redes wees:

■ Haar ouers verbied haar dalk om uit te gaan. Daar is baie mense wat gemanipule­er en beheer word deur hul ouers en te bang is om dit met iemand te deel.

■ Sy ly dalk aan agorafobie, die soort angsneuros­e wat maak dat jy ’n vrees het om in groot ruimtes te beweeg, na vreemde plekke te gaan of tussen te veel mense te wees. Die toestand kan behandel word. Die feit dat sy elke dag werk toe gaan, kan bewys dat sy nie daaraan ly nie, maar dit kan ook wees dat sy mense flous.

■ Het sy dalk iemand anders en wil nie hê dat daardie mens van jou weet nie?

■ Wil sy dalk om die een of ander rede nie saam met jou gesien word nie?

■ Wil sy dalk uitmaak, maar sy wil jou nie seermaak nie?

■ Of is sy doodgewoon net ’n regte huishen.

Wat ook al die rede is, julle sal dit moet uitklaar. Een rede is sodat sy hulp kan kry as dit nodig is, en die tweede rede is dat jy kan weet of jy eerder met jou lewe moet aangaan of nie.

Hoewel alle verhouding­s vra dat albei partye hulle ’n bietjie by hul maat aanpas, kan sommige dinge beteken julle is onversoenb­aar.

Sterkte met alles wat voorlê.

‘JY MOET REËLS NEERLÊ OOR GEDRAG WAT VIR JOU ONAANVAARB­AAR IS’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa