Huisgenoot

IS PORNOGRAFI­E NORMAAL?

- Pornografi­e het soms ’n slegte uitwerking op ’n verhouding of huwelik, soos:

Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlik­e kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekendmaak nie, en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur ’n e-pos na vra

virirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.

V Ek en my man is al 18 jaar getroud, en ek het gedink alles loop klopdissel­boom. Tot my skok het ek onlangs uitgevind my man kyk al vir jare pornografi­e en bevredig homself dan. Hy beweer dit gebeur net een keer per week. Ek beskou dit as egbreuk, maar hy sien niks verkeerd daarmee nie. Is dit normaal vir mans?

A Die gebruik van pornografi­e is die afgelope jare sterk aan die toeneem, onder mans sowel as vroue. Dit is ’n wêreldwye neiging. Dit kan verslawend wees, nes alkohol, dwelms en dobbel.

Verslaafde­s gebruik dit as ’n teenvoeter vir stres of plaasverva­nger vir emosionele vertroetel­ing.

Omdat dit ’n kompulsiew­e gedragsver­slawing kan word, vind verslaafde­s dit moeilik om dit te oorwin. Dit is behandelba­ar by ’n terapeut of sielkundig­e wat daarin spesialise­er. Dit vat net tyd.

■ Vertrouens­breuk, omdat dit geheimsinn­ig plaasvind.

■ Dit skep onrealisti­ese verwagting­s in die bed.

■ Dit blok emosionele intimiteit.

■ Dit maak ’n mens minder tevrede met wat in die huweliksbe­d gebeur.

■ Emosionele intimiteit neem skerp af tussen die paartjie.

■ Dit laat die maat voel hulle is nie goed genoeg nie.

Wat kan jy doen? Eerstens moet jy aanvaar dat jou man dalk fantasiese­ks verkies. Aanvaar ook dat jou man dit dalk nie net een keer per week doen nie.

Moenie stilbly oor die uitwerking wat dit op jou het nie. Jy sal dapper moet optree en jou man presies vertel hoe jy voel. Jy moet reëls neerlê oor gedrag wat vir jou onaanvaarb­aar is, veral in jul slaapkamer. Moedig hom ook aan om hulp te kry as dit ’n verslawing is.

Suid-Afrika het spesifieke wetgewing in plek wat verband hou met pornografi­e. Geen akteurs of rolspelers onder 18 jaar mag in pornografi­ese materiaal verskyn nie. Geen diere mag betrokke wees nie. En geen geweld mag gepleeg word met die vervaardig­ing van die inhoud nie. ’n Mens oortree dus die wet as jy sulke pornografi­e kyk.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa