Huisgenoot

IN DIE NIMMER-IMMER-BOS Oorvertel deur LINDA RODE Illustrasi­es: FIONA MOODIE Tafelberg, R339*

-

Ek het nog die laaste eksemplaar van die In die Nimmer-Immer-Bos destyds gekoop, dalk uit die pakkamers van NB Uitgewers. Dit was die hoeveelste keer dat ek die boek vir iemand present gegee het. Hierna was die drukoplaag uitverkoop.

Nou, soveel jare nadat dit in 2009 verskyn het, is daar ’n heruitgawe. My aanbevelin­g is dat jy dié boek dadelik koop, want dis nie verniet dat agterop die omslag verwys word na “’n kunsskat om te bewaar en waardeer” nie.

Dit is ’n verwysing na Fiona Moodie se droënaald-etse wat sy só verduideli­k: “’n Etsnaald is gebruik om prente op polipropil­eenplate te teken, waarna dit met die hand op Fabriano-papier gedruk en toe geverf is.” Die uiteinde is lieflike gedetaille­erde illustrasi­es in gedempte kleure, omraam deur ’n dun lyn – wat dit nog og meer na ’n kunswerk laat lyk wat at teen die muur kan hang.

Hierby kom Linda Rode se oorvertell­ings van 60 stories waar sy die rede vir haar keuses só verduiuide­lik: “. . . dat stories uit die betowerend­e folklore-skat van Afririka oor en weer kan praat met dié uit Eu

ropa, die Ooste en elders. Want: die wêreld is wyd, wyd en vry, sing die lewerik in ‘So lyk die wêreld’. ”

Nou in 2024 is dit veel meer die geval dat kinders se wêreld deur tegnologie en ook deur emigrasie heelwat groter geword het.

’n Mens kry baie van die ou bekendes hier, soos “Klein rooi hennetjie”, “Die wolf en die sewe bokkies”, “Die wolf en die drie varkies”, “Die prinses op die ertjie” en “Uilspieël”.

Minder bekend sal verhale wees soos “Skop-Skop Agterpootj­ies en Aap-ma” wat saam met slawe uit Wes-Afrika in die Karibiese Eilande aangekom het.

By “Die boomkinder­s” is ’n voorbeeld van die inligting wat aan die einde van die stories gegee word: “’n Verhaal van die Masai, Kenia. Wêreldwyd bestaan verhale waarin kinders op ’n wonderbaar­like wyse aan ouers gegee word, net om later weer te verdwyn – gewoonlik nadat die ouers iets onaanvaarb­aars gedoen of gesê het. In die Russiese sprokie ‘S ‘Sneeukind’ word d die meisietjie weer ’n sneeupop en smel smelt weg. In ’n Tanzanies Tanzaniese verhaal, ‘Die kalbask kalbaskind­ers’, verander die kinders terug in die g glimmende kalbasse wat hulle eens was.”

Die broer broers Grimm en Hans Chr Christian Andersen is we wel hier, maar ook ve veel meer.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa