Huisgenoot

WATERDRAER

- Deur PETRA DU PREEZ

21 JAN – 18 FEB Vandeesmaa­nd se volmaan val oor jou liefde en verhouding, en beklemtoon die dinge wat aandag en oplossing verg. Al dink jy dalk nie so nie, is jy geneig om op ’n afsydige en verwyderde manier oor te kom. Dit is tyd om te wys dat jy ook gevoelens het. Loop daarom die risiko en sê hoe jy voel. Iets wat in jou onbewuste broei, kan lei tot slapelose nagte en vreemde drome, maar alles sal binnekort sin maak.

JOU GELUKKIGE NOMMERS 1, 6, 19, 29, 8, 3

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Hoewel dit hoofsaakli­k ’n tyd vir introspeks­ie is, is dit ook ’n besige tyd vir jou sosiale lewe en ’n goeie tyd om saam met vriende deur te bring of by opbouende gemeenskap­sprojekte betrokke te raak. Jou gawes van kommunikas­ie en deernis kan op die mees produktiew­e manier aangewend word, so rol jou moue op en maak ’n verskil. Onthou, dit is nooit goed om gesondheid­skwessies te ignoreer nie. Verhoog dus jou selfbewust­heid. GELUKKIGE NOMMERS

16, 31, 46, 47, 45, 22

RAM

21 MRT – 19 APR

Jou heersende planeet, Mars, sluit op die 27ste by die slim Mercurius in jou profession­ele horoskoop aan, wat beteken dis die ideale tyd om slim planne en voorstelle te bied. Daar is min sin daarin om jou geesdrif te temper of in die kiem te smoor – wat vereis word, is oortuiging en oorreding. Gevolglik kan jy selfs finansieel voordeel trek, iets wat jy nie beplan of verwag het nie, so geniet dit net. GELUKKIGE NOMMERS 49, 42, 25, 16, 32, 43

BUL

20 APR – 20 MEI

Jou lewensmaat kan tans vol wonderlike idees wees, terwyl jy besig is om vure in jou loopbaan dood te slaan. Probeer ’n kompromie vind waardeur jy op jou prioriteit­e kan fokus, en hulle kan bly droom en planne maak. Jy is steeds onder die beskermend­e invloed van die gunstige Jupiter, wat beteken die heelal is aan jou kant en jy kan skaars ’n voet verkeerd sit. Kry opnuut waardering vir jou gesin. GELUKKIGE NOMMERS 2, 13, 28, 34, 24, 9

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Denke en kommunikas­ie is jou sterk punte, veral onder die opkomende volmaan op die 25ste wanneer jy deur baie idees rondom jou geïnspiree­r word. As jy planne of projekte het wat finansiële steun of dies meer vereis, is die beste tyd om hoogs gemotiveer­d te wees naby die 27ste, wanneer die energieke Mars by jou heersende planeet, Mercurius, aansluit. Jy is glad met die mond, so kry jou planne agtermekaa­r en oorrompel mense. GELUKKIGE NOMMERS 10, 33, 42, 46, 35, 12

KREEF

21 JUN – 21 JUL Vandeesmaa­nd se volmaan in die teken van die Leeu val op die 25ste oor jou finansiële as. Behalwe dat dit jou in staat stel om bestek op te neem van hoe jy jou geld bestuur, kan jy dalk geïnspiree­r voel om jou vermoë te verhoog om ’n inkomste te verdien. Jou lewensmaat is ewe geesdrifti­g om deel te neem en het dalk selfs goeie idees oor hoe jy dit kan doen. Wees slim en laat die persoon dink hulle is die meesterbre­in agter die planne en idees.

GELUKKIGE NOMMERS

4, 12, 34, 52, 20, 5

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Met die volmaan wat op die 25ste in jou teken val, kan jy meer emosioneel as gewoonlik wees. Dit plaas ook liefdesver­houdings in die kollig, en wat jy ook al sê of doen, laat dit uit jou hart kom en nie jou verstand nie. Op ’n ander noot, ’n nuwe ontwikkeli­ng by die werk het ’n knuppel in die hoenderhok gegooi, so wees voorbereid op ’n mengsel van opwinding en hope energie. GELUKKIGE NOMMERS

2, 10, 31, 40, 30, 6

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jy is hierdie week in die bui vir pret met ’n hoofletter P en jy hou nie terug oor hoe jy dit wil bereik nie. Ten spyte van ’n nuwemaan oor jou gesondheid, wat van jou energie dreineer, dikteer die herlewende effek van die samekoms tussen jou heerser, Mercurius, en energieke Mars op die 27ste jou prioriteit­e. Ignoreer ’n slag jou selfbewust­heid en dans asof daar geen môre is nie. GELUKKIGE NOMMERS 32, 39, 47, 51, 46, 35

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jou teken is een van ’n soeke na balans. Dit beteken dat jy elke volmaan wanneer die son en die maan mekaar teenstaan, weer daardie innerlike dryfkrag ervaar om harmonie en balans te vind. Maak dit jou fokus rondom die 25ste, aangesien ’n uitdagende tyd teen die 27ste voorlê wanneer jou lewensmaat ’n paar sterk menings en idees het oor hoe jul huis en huislewe bestuur moet word. Doen vir eers niks anders as om te luister nie. GELUKKIGE NOMMERS

4, 31, 37, 45, 33, 22

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

As ’n Skerpioen is jy veronderst­el om ’n angel in jou stert te hê en nie ’n tong wat steek nie. Met jou medeheerse­r, Mars, en Mercurius wat bymekaarko­m, sê jy dinge hierdie week egter soos dit is, of jy nou aanstoot gee of nie. Natuurlik sal dit moontlike gevolge hê, wat insluit probleme met die bure, maar hou die groter prentjie in gedagte en probeer verstandig wees. GELUKKIGE NOMMERS 52, 25, 5, 4, 18, 26

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Onmin oor geld is op die beste van tye onaangenaa­m, maar vandeeswee­k moet jy ekstra bedag wees daarop dat dinge nie eskaleer en lelik raak nie. Of jy nou by die huis met jou maat of in die werkomgewi­ng met ’n meerdere vassit, probeer om kalm te bly en nie jou waardighei­d te verloor nie. As jy aan die ander kant die geleenthei­d kry om ’n nuwe begroting of ’n verhoging te motiveer, sal jou beplanning die deurslag gee. GELUKKIGE NOMMERS 19, 33, 51, 52, 36, 22

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jy is ’n natuurlike leier, dus is daar geen rede om te voel jy moet jou reëls meer kragdadig afdwing en daarop aandring dat dinge op jou manier gedoen word nie. Evalueer hoe jy die kragtige kombinasie van die baasspeler­ige Mars en die opwindende energie van die onvoorspel­bare Mercurius die beste kan gebruik om jou doelwitte te bereik pleks van aanstoot gee. Geld het invloed, so onder die volmaan op die 25ste kan dit dalk nog jou beste wapen word. GELUKKIGE NOMMERS

6, 15, 37, 45, 35, 12

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa