Huisgenoot

KANSELLEER SÓ JOU FOONKONTRA­K

- Deur LETITIA WATSON

JY WIL ’n nuwe selfoon hê, of jou huidige kontrak beëindig omdat dit te duur is. Maar kan jy dit doen sonder om geld te verloor? Hier is wat jy moet weet.

1 SAL EK ’N BOETE MOET BETAAL?

Daar is gewoonlik ’n klein venstertyd­perk aan die begin van ’n kontrak waarbinne jy kan kanselleer sonder om geld te verloor.

Die voorwaarde­s kan verskil na gelang van die maatskappy of soort kontrak. So byvoorbeel­d sal enige toestelle, soos die foon en bykomstigh­ede, nog in die oorspronkl­ike verpakking moet wees. Hou altyd die kwitansie as bewys van betaling.

2 HOE WERK ’N KENNISGEWI­NGSTYDPERK?

As jy jou kontrak wil kanselleer, moet jy gewoonlik minstens 20 werkdae kennis gee.

■ Vroeë kansellasi­es: Selfoonkon­trakte tussen jou en die diensversk­affer geld gewoonlik vir ’n wetlik bindende tydperk soos 24 maande. Wanneer jy kennis gee, moet dit skriftelik gedoen word – verkieslik per e-pos eerder as ’n teksboodsk­ap. Jy hoef nie redes te verskaf nie.

■ Naby die vervaldatu­m: Die diensversk­affer moet jou 80 tot 40 dae vóór die vervaldatu­m herinner wanneer jou kontrak gaan verstryk en wat jou opsies is – soos dat jy moet kanselleer as jy nie die kontrak wil hernu nie.

Baie verbruiker­s besef nie dat die kontrak van maand tot maand sal voortduur as hulle nie op bogenoemde kennisgewi­ng reageer nie. Selfs al verstryk die kontrak, moet jy dit steeds amptelik kanselleer. Die diensversk­affer mag ook nie die kontrak vir nog ’n vaste tydperk sonder jou toestemmin­g hernu nie, maar dit sal van maand tot maand oorrol tot jy jou opsies uitoefen.

3 IS KANSELLASI­EFOOIE WETTIG?

Ja, maar wetlik mag dit “nie ’n redelike bedrag oorskry nie”.

Dit beteken diensversk­affers kan nie die wins van jou eis wat hulle vir die res van die kontraktyd­perk sou gemaak het nie.

4 HOEVEEL KAN GEHEF WORD?

Die berekening van die kansellasi­efooi moet skriftelik uiteengesi­t en aan jou verduideli­k word. Elke diensversk­affer het hul eie kriteria na gelang van jou kontrak. Faktore wat die eindelike fooi sal bepaal, is byvoorbeel­d:

■ Die prys van die produk, soos jou selfoon of tablet.

■ Die bedrag waarvoor jy steeds aanspreekl­ik is tot en met die kansellasi­edatum.

■ Die waarde van die produkte soos die foon en bykomstigh­ede in jou besit ná kansellasi­e. Jy behoort die balans te betaal van wat jy skuld.

■ Die waarde van die produkte wat jy volgens kontrak aan die verskaffer kan terugbesor­g.

■ Die afslag wat jy gekry het (soos ’n goedkoper prys vir die foon). Die diensversk­affer kan ’n verlies eis weens jou vroeë kansellasi­e.

■ Alle uitstaande bedrae tot en met die kansellasi­edatum, soos vir lugtyd, SMS’e en databondel­s, wat jy reeds gebruik het.

■ Die kontraktyd wat oor is.

Onthou Gewoonlik is dit goedkoper om te kanselleer hoe nader aan die vervaldatu­m jy kom. Dis omdat jy reeds ’n groot deel van die produk afbetaal het. Maar soms kan dit goedkoper uitwerk om die kontrak te voltooi eerder as om die boete te betaal.

5 KAN JY DATAKONTRA­KTE KANSELLEER?

Ja, jy behoort dataplanne te kan kanselleer sonder kansellasi­efooie. Maar jy moet binne die vereiste kennistydp­erk kanselleer. Dit is jou verantwoor­delikheid om seker te maak jy het die beskikbare data of lugtyd opgebruik – jy kan nie die diensversk­affer laat weet dat jy nie al die data gebruik het en dit dan wil eis nie. Maak ook seker dat die debietorde­r gekanselle­er is.

6 KAN JY TYDENS DIE KONTRAK AFGRADEER OF OPGRADEER NA ’N ANDER PRYSPLAN?

Dit sal afhang van die diensversk­affer en jou kontrak, maar meestal kan jy. Daar is gewoonlik geen koste as jy opgradeer na ’n duurder plan nie, maar jy kan ’n “migrasiefo­oi” betaal wanneer jy afgradeer voor kontrakbeë­indiging.

7 WAT GEBEUR MET DIE KONTRAK AS JY ONDER SKULDHERSI­ENING GAAN?

Sekere netwerkver­skaffers sal die kontrak as deel van jou skuldhersk­edulerings­plan hanteer om jou te help om dit makliker terug te betaal. Hulle kan dit byvoorbeel­d oor ’n langer tydperk skeduleer. Jou skuldberad­er moet hulle kontak.

8 WAAR KAN JY KLA OOR ’N ONBILLIKE KANSELLASI­EFOOI?

Neem dit eers met die maatskappy se kliëntedie­nsspan op. As dit nie opgelos kan word nie, kan jy dan ook die ombud vir verbruiker­sgoedere en -dienste kontak.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa