Huisgenoot

Kom tjek ons CHAKALAKA

Dis só eie aan ons land, en ’n gunsteling in baie huise. Ons maak ONS EIE WEERGAWES en gebruik dié GEBLIKTE KOSKAS-STAATMAKER as geurmiddel vir verskeie smulgeregt­e

- Deur ESTHER MALAN Foto’s: MISHA JORDAAN

Sappige CHAKALAKAV­ARKKEBABS GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 2 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: 15-20 MIN.

’n Blik chakalaka kan selfs as ’n marinade gebruik word. Dis klaar gegeur en is ideaal vir hierdie heerlike kebabs. Jy kan ontbeende varknek, -boud of -blad vir hierdie kebabs gebruik, of selfs hoender of beesvleis, indien verkies.

600-750 g varkblokki­es MARINADE

1 x 410 g-blik matige chakalaka 2 knoffelhui­sies, gekap

15 ml (1 e) worcesters­ous

15 ml (1 e) suurlemoen­sap

30 ml (2 e) braaisous

30 ml (2 e) olyfolie AFRONDING

1 rooi-ui, geskil 1-2 soetrissie­s, van jou keuse, ontpit

Week 6-8 kebabstokk­ies in water. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

1 Pak die varkblokki­es in ’n marineerba­k.

2 Marinade Sit die chakalaka en knoffel in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot glad. Voeg die worcesters­ous, suurlemoen­sap, braaisous en olyfolie by en pols tot glad en goed gemeng.

3 Giet die marinade oor die varkblokki­es en meng goed deur. Bedek die bak en laat marineer 2 uur of oornag in die yskas. Meng die vleisblokk­ies af en toe deur om te verseker dat die vleis eweredig marineer.

4 Afronding Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die vleisblokk­ies uit die yskas en laat staan 15 min. of tot die vleis amper kamertempe­ratuur is. 5 Sny die ui in kwarte en dan in blokke. Breek die lobbe van mekaar af. Sny die soetrissie­s ook in blokke.

6 Haal die varkblokki­es uit die marinade en ryg om die beurt met die soetrissie­s en uie aan die kebabstokk­ies. 7 Verhit ’n ysterpan tot rookwarm en braai die kebabs oor hoë hitte tot lig geskroei aan alle kante. Pak die kebabs in ’n enkellaag op die bakplaat en braai nog 5-10 min. of tot gaar soos verkies.

8 Sit die kebabs voor as peuselkos, of saam met ’n bykos van jou keuse.

 ?? ?? * SAPPIGE CHAKALAKAV­ARKKEBABS
* SAPPIGE CHAKALAKAV­ARKKEBABS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa