Huisgenoot

BÊRE-CHAKALAKA (gebottelde chakalaka)

LEWER ONGEVEER 4 X 500 ml-FLESSE / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 45 MIN. TOT ’N UUR

-

45 ml (3 e) olie 2 uie, fyngekap 2 knoffelhui­sies, gerasper

5 cm vars gemmer, gerasper

1-2 brandrissi­es, fyngekap (opsioneel)

2 wortels, geskil en gerasper ¼ kopkool, fyngesnipp­er

1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny ½ elk geel en rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny 15 ml (1 e) kerriepoei­er

5 ml (1 t) paprika 2,5 ml (½ t) elk fyn komyn en fyn koljander

100 g tamatiepas­ta 250 ml (½ k) hoender- of groenteaft­reksel

1 x 410 g-blik heel tamaties

15 ml (1 e) bruinsuike­r

30 ml (2 e) bruinasyn of rooiwynasy­n 1 x 410 g-blik gebakte boontjies in tamatiesou­s sout en vars gemaalde swartpeper AFRONDING

’n bietjie olie

Sterilisee­r 4 x 500 mlflesse.

1 Verhit die olie in ’n kastrol of diep pan. Braai die uie oor matige hitte tot sag en goudbruin. 2 Voeg die knoffel, gemmer en brandrissi­es by en roerbraai tot geurig. 3 Voeg die wortels en kool by en roerbraai oor matige hitte tot die kool sag is. 4 Roer die soetrissie­s, kerriepoei­er, paprika, komyn en koljander by en roerbraai 5 min. oor lae hitte. Voeg die tamatiepas­ta by en braai nog 5 min. 5 Giet die aftreksel en tamaties by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 10-15 min. oor matige hitte of tot die vloeistof met die helfte afgekook het. 6 Kneus die tamaties rofweg met ’n vurk (indien dit nog heel is), en roer die suiker en asyn by. Voeg die boontjies by en laat prut nog ’n paar minute oor lae hitte. 7 Geur die chakalaka met die sout en peper en haal van die hitte af. 8 Afronding Skep die warm chakalaka in die flesse en giet ’n klein bietjie olie bo-op. Seël die flesse en laat die chakalaka afkoel. Bêre vir tot ’n maand op ’n koel, donker plek of in die yskas.

 ?? ?? * BÊRE-CHAKALAKA (GEBOTTELDE CHAKALAKA)
* BÊRE-CHAKALAKA (GEBOTTELDE CHAKALAKA)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa