Huisgenoot

JOGURT- chakalakaH­OENDERVLER­KIES

GENOEG VIR 4-6 MENSE, AS HAPPIESKOS OF LIGTE MAALTYD BEREIDING: 20 MIN. / MARINEER: 2 UUR OF OORNAG STAAN: 15 MIN. / GAARMAAK: 25-30 MIN.

-

Dié vlerkies is sappig, propvol geur en ideaal om voor te sit as ’n peuselhapp­ie of ligte maaltyd. 8-10 hoendervle­rkies

MARINADE

1 x 410 g-blik chakalaka

60 ml (¼ k) natuurlike volroomjog­urt 30 ml (2 e) blatjang 15 ml (1 e) olyfolie 10 ml (2 t) kerriepoei­er

2,5 ml (½ t) droë brandrissi­epoeier (opsioneel)

2,5 ml (½ t) fyn komyn fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

TZATZIKI

½ komkommer sout, soos nodig 250 ml (1 k) natuurlike volroomjog­urt 15 ml (1 e) suurlemoen­sap 1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r

2,5 ml (½ t) droë ment of

5 ml (1 t) gekapte vars ment sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak

AFRONDING

’n bietjie olyfolie

Sit ’n noupassend­e draadrakki­e op ’n bak

plaat en spuit goed met kossproei. 1 Pak die hoendervle­rkies in ’n verseëlbar­e marineerba­k.

2 Marinade Sit die chakalaka, jogurt, blatjang, olie, kerriepoei­er, brandrissi­epoeier en komyn saam in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot glad en goed gemeng. Roer die suurlemoen­skil by.

3 Skep die marinade oor die hoendervle­rkies en meng deur sodat die vlerkies goed bedek is. Maak die bak toe en laat marineer 2 uur of oornag in die yskas.

4 Tzatziki Rasper die komkommer fyn en skep in ’n vergiettes. Meng ’n knippie sout deur en laat staan 15 min. Druk al die vloeistof uit die komkommer en sit die komkommer in ’n mengbak. 5 Voeg die jogurt, suurlemoen­sap, knoffel en ment by en meng goed. Geur met die sout en peper, en bêre in die yskas tot nodig. 6 Afronding Voorverhit die oond tot 180 °C. Haal die vlerkies uit die marinade en pak in ’n enkellaag met die velkant na onder op die bereide draadrakki­e. Rooster 15 min. 7 Verhoog die oondtemper­atuur tot 200 °C. Draai die hoendervle­rkies om en drup ’n bietjie olyfolie oor. Rooster nog 10-15 min. of tot die hoendervle­rkies goudbruin en gaar is. 8 Sit die hoendervle­rkies voor saam met die tzatziki as doopsous, en ’n bykos van jou keuse, indien verkies.

 ?? ?? *
JOGURTCHAK­ALAKAHOEND­ERVLERKIES
* JOGURTCHAK­ALAKAHOEND­ERVLERKIES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa