Huisgenoot

Tradisione­le CHAKALAKA met BOONTJIES

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.

-

Dié chakalaka is eg Suid-Afrikaans. Sit dit voor saam met braaivleis, stywepap, krummelpap of enige ander bykos van jou keuse.

5 ml (1 t) komynsaad 15 ml (1 e) koljanders­aad

30 ml (2 e) olie ½ elk groen, geel en rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny

2 uie, in skyfies gesny

2-4 knoffelhui­sies, gekap

5 cm vars gemmer, fyngekap 2-3 brandrissi­es, gekap (opsioneel) 750 ml (3 k) of ½ kopkool, fyngesnipp­er

3-4 wortels, geskil en grofgerasp­er 15 ml (1 e) geroosterd­e masala

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) paprika 1 klein botterskor­sie, geskil, ontpit en in klein blokkies gesny 250 ml (1 k) groente- of hoenderaft­reksel

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

1 x 410 g-blik gebakte boontjies in tamatiesou­s

15 ml (1 e) bruinsuike­r

5 ml (1 t) witwynasyn sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak VIR VOORSIT

boerewors, gaar gebraai bykos van jou keuse

1 Rooster die komynen koljanders­aad in ’n droë pan tot geurig en tot die saadjies liggies begin verkleur. Skep uit, laat afkoel en maal grof.

2 Verhit die helfte van die olie in ’n kastrol en braai die soetrissie­s vir ’n paar minute oor matige hitte tot sag. Skep uit en hou eenkant. 3 Giet die res van die olie in die kastrol en braai die uie ook tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissi­es, indien gebruik, by en roerbraai tot geurig.

4 Voeg die kool en wortels by en roerbraai 5-10 min. of tot die kool begin versag. Roer die masala, borrie en paprika by. 5 Voeg die botterskor­sie by en giet die aftreksel oor. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 10-15 min. of tot die botterskor­sie gaar is. Roer af en toe sodat dit nie aanbrand nie, en voeg ’n bietjie water by indien die mengsel té vinnig droog kook.

6 Voeg die tamatie by, roer goed en laat prut nog 5 min. oor matige hitte. Roer die gebakte boontjies, suiker en asyn by en laat prut nog ’n paar minute. Geur met die sout en peper. 7 Vir voorsit Sit die chakalaka voor saam met die gebraaide boerewors en enige ander bykosse van jou keuse.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa