Huisgenoot

CHAKALAKAB­OBOTIE met PYNAPPELSA­LSA

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: ONGEVEER 1 UUR

-

Ons gebruik chakalaka as ’n ekstra geurmiddel vir dié bobotiewee­rgawe, en sit dit voor saam met ’n pikante pynappel-enkomkomme­rsalsa.

MAALVLEIS

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

1-2 knoffelhui­sies, fyngekap

10 cm vars gemmer, fyngekap

500 g maer beesmaalvl­eis

5 ml (1 t) borrie

15 ml (1 e) geroosterd­e masala

’n knippie rooipeper (opsioneel)

30 ml (2 e) blatjang 1 x 410 g-blik chakalaka sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak EIERVLA

2,5 ml (½ t) geroos

terde komynsaad 250 ml (1 k) melk 4 eiers, geklits ’n knippie sout SALSA

1 pynappel, geskil en in klein blokkies gesny ½ komkommer, in klein blokkies gesny

2 stingeluie, fyngekap

’n hand vol vars koljanderb­lare, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 4-6 oondbakkie­s of ’n middelslag­oondbak goed met kossproei.

1 Maalvleis Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot goudbruin. Voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai tot geurig.

2 Voeg die maalvleis by, meng goed en roerbraai tot bruin. Roer die borrie, masala en rooipeper, indien gebruik, by. 3 Voeg die blatjang en chakalaka by, en laat prut 10 min. oor lae hitte. Roer af en toe om te keer dat die mengsel aanbrand. Geur met die sout en peper.

4 Verdeel die maalvleism­engsel tussen die bereide bakkies of skep in die oondbak. Versprei die maalvleis eweredig. Sit die oondbak of -bakkies in die oond en bak 5 min.

5 Eiervla Klits alles goed saam. Haal die oondbak of -bakkies uit die oond en giet die eiervla oor. Sit terug in die oond en bak nog 15-20 min. of tot die eiervla gestol is.

6 Salsa Meng alles goed. 7 Vir voorsit Sit die bobotie nét so voor saam met die salsa, of nog ’n bykos van jou keuse.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa