Huisgenoot

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

- Deur PETRA DU PREEZ

Jy bevind jou in die middel van ’n kosmiese drama wat hierdie week afspeel.

Mercurius, die planetêre boodskappe­r, verander nie net van teken en vestig in die Waterdraer nie – hy sluit ook by die kragtige Pluto aan, wat nog die volgende paar jare in jou teken gaan wees.

Jy kan dalk verbaas wees oor die intensitei­t van jou eie gedagtes, wat kan manifestee­r in diep insigte in die lewe en die heelal. Delf diep en kyk wat jy kry.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 43, 48, 52, 44, 6

VISSE

19 FEB – 20 MRT

’n Geheim of iets soortgelyk­s wat met jou familie verband hou en aanvanklik moeilik is om te glo, kan hierdie week onthul word. Dis nie ’n tyd om iets op sigwaarde te neem nie, so as jy betrokke wil raak, raak diep betrokke. Om die waarheid van gerugte te skei kan dalk uitdagend wees, maar dis die enigste manier waarop jy tot die kern van die saak sal kom. Sodra dit in die ope is, kan die wond begin genees. GELUKKIGE NOMMERS

10, 33, 48, 50, 37, 12

RAM

21 MRT – 19 APR

Die intensitei­t van ’n vriendskap kan dalk nou toeneem en dit kom voor asof julle twee effens obsessief is met mekaar. Dis nie noodwendig ’n slegte ding nie, solank jy jouself nie van die res van die wêreld afsluit nie, aangesien sulke isolasie nie gesond kan wees nie. Nog ’n scenario is dat jy ’n kant van ’n vriend sien wat jy nooit geweet het bestaan nie en dit is jou besluit om dit te aanvaar of die vriendskap te beëindig. GELUKKIGE NOMMERS

2, 21, 40, 47, 22, 20

BUL

20 APR – 20 MEI

’n Kalm situasie by die werk kan vinnig en maklik in ’n taamlike krisis ontaard, so berei jouself sielkundig voor om teen die vyfde deur die onbekende in die gesig gestaar te word. Iets wat dalk vir ’n rukkie verskuil was, kan nou na vore kom of die draad van daardie onaangenam­e onderstrom­ing kan duidelik word. Maak jouself gereed vir ’n uitval, maar gebruik jou gesonde verstand en jy sal waarskynli­k maklik hierdeur kom. GELUKKIGE NOMMERS 1, 14, 41, 43, 39, 8

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jou heersende planeet, Mercurius, verander tekens op die vyfde. Hy vestig in ’n versoenbar­e lugteken, die Waterdraer, terwyl hy ook by Pluto aansluit, wat nie tevrede is tot elke klip omgekeer is nie. Of dit nou dui op ’n ondervragi­ng, ’n soort onthulling of dat jy met iemand koppe stamp, die waarheid word geopenbaar vir almal om te sien. Neem ’n bietjie tyd om asem te skep en neem een tree op ’n slag. GELUKKIGE NOMMERS

6, 15, 24, 28, 17, 7

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Jy kan onkant betrap word deur die intensitei­t waarmee jou maat jul gesamentli­ke finansiële verpligtin­ge en verantwoor­delikhede rondom die vyfde wil bespreek. Of dit ’n krisis is wat tot hierdie noodsaakli­ke gesprek gelei het, is moeilik om te sê, maar in die omstandigh­ede sal dit voordelig wees om eerlik te wees. As jy fouteer het, erken jou fout en wees deel van die voorgestel­de plan. GELUKKIGE NOMMERS

7, 14, 38, 50, 23, 13

LEEU

22 JUL – 22 AUG Mercurius, die planetêre bedrieër, verander van teken en vestig op die vyfde in jou liefdeshor­oskoop. Pleks dat jy daarop fokus om nie mislei te word nie, kyk na die groter prentjie wat jou behoefte openbaar om meer eerlik met jou maat te wees en geheime tussen julle uit die weg te ruim. Dit kan ’n dieper verbinteni­s en band van vertroue tussen julle tot stand laat kom. Hoewel dit dalk na ’n krisispunt in die verhouding lyk, sal jy weet of daar ’n toekoms is of nie. GELUKKIGE NOMMERS

2, 31, 39, 52, 34, 10

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jou heersende planeet, Mercurius, verander van teken op die vyfde en vestig in die objektiewe Waterdraer. Dit sluit gelyktydig by die planeet van mag, Pluto, aan en jy kan sukkel om jou menings objektief te hou. Al hierdie beweging kom in jou werkhorosk­oop voor en dit lyk asof koppe gestamp kan word. Sodra jy voel iemand probeer magspeletj­ies met jou speel, vind ’n slim manier om die kwessie te omseil. GELUKKIGE NOMMERS

4, 21, 43, 51, 26, 8

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Wat ’n ligsinnige en vermaaklik­e week behoort te wees, kan onverwags ontaard in een waarin ’n woordestry­d die botoon voer. Wees bedag op verwikkeli­nge rondom die vyfde wanneer iets kleins ’n vulkaniese reaksie kan veroorsaak. Probeer om die uitval te vermy sonder om te voel dat jy die slagoffer geword het. Of dobbel jou ding is of nie, op die een of ander manier sal jy dit nou baie beter verstaan. GELUKKIGE NOMMERS

8, 14, 27, 43, 25, 9

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Die planeet van verstandel­ike aanleg, insig en konsentras­ie, Mercurius, verander nie net van teken en kom tot rus in ’n ander vaste teken nie, dit sluit op die vyfde by jou heersende planeet, Pluto, aan. Intensitei­t en ondervragi­ng kan kenmerkend hiervan wees, so maak seker jy staan aan die regte kant van die heining. ’n Gesinof familiesce­nario kan erg hierdeur geraak word, ten goede of ten kwade, na gelang van jou bedoelings. GELUKKIGE NOMMERS

10, 27, 47, 51, 33, 17

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Daar word gereeld gesê dat die Boogskutte­r met die voet in die mond gebore word, en hierdie week is jy dalk geneig om dinge te sê soos dit is sonder om die uitwerking van jou woorde te oorweeg. Dit bly jou keuse, maar besluit wat dit is wat jy wil hê – om ontslae te raak van opgekropte emosie, om die waarheid uit te blaker of om jou woorde mooi te kies. As jy ’n grief op skrif wou sit om aan iemand te stuur, is dit die beste manier om jouself daarvan te bevry. GELUKKIGE NOMMERS

1, 7, 32, 39, 17, 6

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jy is slim wat geldsake betref, maar hierdie week moet jy ekstra waaksaam wees, anders kan jou bates en/of kontant daaronder ly. In sulke omstandigh­ede is dit beter om te wag eerder as om drastiese stappe te neem. Aan die ander kant, moenie verbaas wees as jy bewus word van iets wat vir jou weggesteek is en jy geen ander opsie het as om beslissend op te tree nie. GELUKKIGE NOMMERS 6, 27, 42, 43, 37, 25

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa