Huisgenoot

The Color Purple

Musiekspel. Met Fantasia Barrino, Taraji P. Henson, Danielle Brooks en Colman Domingo. Regie: Blitz Bazawule. 16. Nou in fliekteate­rs.

- Saamgestel deur ROXANNE MOONEYS

MUSIKALE GEUR

Dit is bykans 30 jaar ná die klassieke roman The Color Purple deur Alice Walker die eerste keer die silwerdoek getref het. Nou is die fliek weer in rolprentte­aters te sien, maar dié keer met ’n musikale geur en ’n indrukwekk­ende klankbaan.

Celie is ’n swart Amerikaans­e vrou in die Suide in die vroeë 20ste eeu. Sy word mishandel deur haar veel ouer man, en die fliek verken haar reis na selfontdek­king, hoe sy bemagtig word, en hoe sy haar identiteit vind te midde van ras- en geslag s onderdrukk­ing.

Die American Idol- wenner Fantasia Barrino maak haar debuut op die grootskerm in die rol van Celie, ’n rol wat sy die eerste keer in 2007 op Broadway vertolk het. Die fliek is juis gegrond op die musiekspel wat 11 Tony-benoemings gekry het. In 2015 is die stuk weer laat herleef, en dié weergawe het twee Tonypryse gewen.

Die jonger Celie word deur die aktrise Halle Bailey van The Little Mermaid vertolk. Taraji P. Henson speel die rol van Shug Avery, ’n sangeres wat ’n verhouding aanknoop met Celie se man, Mister (gespeel deur Colman Domingo), en later ook met Celie.

Oprah Winfrey, wat Sofia in die oorspronkl­ike fliek gespeel het, is een van die vervaardig­ers saam met Quincy Jones.

“Die fliek sou nie kon gebeur het sonder die oorspronkl­ike een nie, en daardie fliek sou nie gebeur het as dit nie vir Steven Spielberg was nie,” het Oprah by die première gesê. Die nuwe verwerking het die silwerdoek in Amerika op Kersdag getref en was tot dusver baie gewild.

WAT KRITICI SÊ

Kritici is ook gaande oor die fliek, met The Guardian wat veral lof het vir die drie vroue in die hoofrolle, Fantasia, Taraji en Danielle Brooks. Fantasia en Danielle is albei vir Golden Globes vir hul spel benoem.

“Die fliek eer sy voorganger­s, terwyl dit sy eie plek vind. Dit gee nuwe lewe aan musiekspel­e met op-en-wakker liedjies en dinamiese choreograf­ie,” sê die organisasi­e Empowering Everyday Women. “Dit gee nuwe lewe aan Alice Walker se ikoniese karakters.” Soos dit ’n musiekspel betaam, spog die klankbaan ook met die room van Hollywood se musikante, soos Usher, Alicia Keys en Missy Elliott.

 ?? ?? Hierdie nuwe verwerking van Alice Walker se roman is ’n musiekspel met Taraji P. Henson, Fantasia Barrino en Danielle Brooks.
Hierdie nuwe verwerking van Alice Walker se roman is ’n musiekspel met Taraji P. Henson, Fantasia Barrino en Danielle Brooks.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa