Huisgenoot

THE BEEKEEPER

-

Aksierille­r. Met Jason Statham, Emmy Raver-Lampman en Jeremy Irons. Regie: David Ayer. 16.

Nou in fliekteate­rs.

Die Transporte­r- ster Jason Statham is terug in ’n nuwe aksiebelaa­ide rol as Adam Clay, ’n man met ’n missie. Die fliek is die geesteskin­d van die Suicide Squadregis­seur David Ayer en die draaiboeks­krywer Kurt Wimmer, wat ook Expend4ble­s geskryf het.

Nadat sy vriendin en buurvrou, Eloise Parker (gespeel deur Phylicia Rashad), haar eie lewe geneem het as gevolg van ’n bedrogspul, besluit Adam om wraak te neem op die maatskappy agter die slenter.

Daar word dan onthul dat Adam eintlik deel is van ’n magtige organisasi­e, die Beekeepers.

Hoewel Adam hom besig hou met ’n werklike byeboerder­y, verteenwoo­rdig die Beekeepers iets heel anders as heuning produsente. Die organisasi­e is toegewyd daaraan om die wêreld te beveilig teen verskeie dreigement­e en korrupsie. Die lede van die organisasi­e staan bekend as die “bee hive”. Saam met Jason is die Umbrella Academy- ster Emmy Raver-Lampman te sien as die FBI-agent Verona Parker, Eloise se dogter. Die legendarie­se Jeremy Irons vertolk die rol van die skurk Wallace Westwyld. Die karakter word beskryf as ’n soort George H.W. Bush-figuur, sou dié voormalige president Brits gewees het. Wallace is egter in diens van die eintlike antagonis van die fliek, Derek Danforth, gespeel deur Josh Hutcherson.

“The Beekeeper verken universele temas deur ’n onkonvensi­onele storie wat kykers op die punt van hulle stoel gaan hou,” sê Bill Block, die hoof van die produksieh­uis Miramax. Die fliek is deurtrek van bymetafore en word veral vergelyk met die John Wick- reeks. ❑

BRONNE: COLLIDER.COM, DEADLINE.COM, IMDB. COM, HOLLYWOODR­EPORTER.COM, NUMETRO. CO.ZA, RAP-UP.COM, EMPIREONLI­NE.COM

 ?? ?? Jason Statham gaan fliekgange­rs weer laat regop sit in hierdie aksiebelaa­ide fliek.
Jason Statham gaan fliekgange­rs weer laat regop sit in hierdie aksiebelaa­ide fliek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa