Huisgenoot

Nasa se fluistersa­gte plan vir passasiers­tralers

-

DIE Amerikaans­e ruimteagen­tskap, Nasa, en die lugvaartma­atskappy Lockh eed Martin het’ n eksperimen­tele “stil” supersonie­se vliegtuig bekendgest­el wat ’n omwentelin­g in passasiers­vlugte kan help bring.

Die fokus van Nasa se Quesst-projek, waarin die X-59-proefvlieg­tuig sentraal staan, is om die weg te baan vir ’n nuwe generasie kommersiël­e vliegtuie wat vinniger as die spoed van klank sal kan reis.

’n Groot struikelbl­ok in die pad van supersonie­se kommersiël­e lugvaart is die geraas wanneer ’n vliegtuig deur die klankgrens breek. Dit veroorsaak ’n “klankgrens­knal” – sonic boom in Engels. Gevolglik kan supersonie­se vlugte oor land baie steurend vir mense onder op die grond wees. Om dié rede word sulke vlugte tans deur lugvaartow­erhede in Amerika en talle ander lande verbied. Van die kritiek teen Frankryk en Brittanje se destydse C o n c orde-supersonie­se passasier stralers was juis hul geraas. Dié ikoniese vliegtuie is teen 2003 geskrap.

Die eksperimen­tele X-59, wat teen ’n spoed van Mach 1,4 (sowat 1 488 km/h onder bepaalde atmosferie­se druk-en temperatuu­r toestande) sal vlieg, is reeds ’n groot tree vorentoe in Nasa se strewe om byt e dra tot die ontwikkeli­ng van relatief stil supersonie­se passasier stralers waarvan die stede, dorpe en gemeenskap­pe waaroor hulle vlieg skaars bewus sal wees.

ONTWERP & TEGNOLOGIE

Danksy die X-59 se ontwerp, vorm en ander tegnologie sal dit volgens sy skeppers met net ’n redelik sagte “soniese doefgeluid” ( sonic thump) deur die klankgrens kan breek, pleks van die kenmerkend­e knal van supersonie­se vlugte tot dusver.

Die vliegtuig se dun spitsneus wat amper ’n derde van sy lengte beslaan, sal die skokgolwe opbreek wat normaalweg met supersonie­se spoed gepaardgaa­n. Dis dié skokgolwe wat die knal veroorsaak. Weens die besondere lang neus sit die stuurkajui­t byna halfpad terug op die vliegtuig se romp. Dit het dus nie ’n venster heel voor waardeur vlieëniers vorentoe kyk nie; wel ’n “eXternal Vision System” (XVS), waardeur hulle via hoë resolusie kameras en ’n 4K-monitor ’n uitstekend­e beeld het van alles buite om die vliegtuig. Die smal vaartbelyn­de vlerkontwe­rp help windweerst­and verminder en die enjin is bo-op die romp agter gemonteer, wat die X-59 ook ’n gladde onderkant gee en help verhinder dat skokgolwe agter die vliegtuig saamvloei en ’n knal veroorsaak.

Die geraasvlak van die X-59 sal dus net bykans die helfte van byvoorbeel­d die Concorde s’n wees. En bloot ’n supersonie­se spoed van Mach 1,4 sal huidige tipiese passasierv­lugtye halveer!

Tot dusver het di eX -59 laboratori­um toetsing ondergaan. Die eerste praktiese toetsvlugt­e word later vanjaar onderneem. Vanaf aanstaande jaar sal dit oor verskeie Amerikaans­e stede vlieg om inwoners se terugvoer oor sy geraasvlak­ke te kry.

HET JY GEWEET?

Supersonie­se oftewel klankgrens­knal: Wanneer ’n vliegtuig teen of bo die spoed van klank vlieg, kan lugmolekul­es nie vinnig genoeg uit die pad daarvan beweeg nie. Drukgolwe kombineer en vorm ’n groot skokgolf, wat dan ore op die grond as ’n soniese knal bereik.

 ?? ?? Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG & ROXANNE MOONEYS
Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG & ROXANNE MOONEYS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa