Huisgenoot

In Charles Darwin se spore

-

’NONGEWONE skip op ’n buitengewo­ne tog het sowat twee weke gelede in die hawe Stanley by die Falklandei­lande vasgemeer.

Die Oostersche­lde is ’n 106 jaar oue driemas-seilskip op ’n sending van twee jaar waarin dit op die spore van die natuurnavo­rser Charles Darwin teruggaan – byna 200 jaar nadat hy ysygroot sy groot re reis op die HMS Beagle onderneem het wat grootliks as inspirasie vir sy evolusiete­orie gedien het.

Die skip het vyf maande gelede uit Plymouth in Engeland vertrek op ’n vereenvoud­igde weergawe van Darwin se roete, van Engeland tot Australië. Dit sal eindelik 32 hawens om die wêreld aandoen.

Die doel is dat dié epiese tog jong bewaringsg­esindes sal inspireer en help bemagtig.

Volgens Stewart McPherson, medestigte­r van die Darwin200 Global Voyage, is dit buiten Darwin ook geïnspiree­r deur ’n ontmoeting met Fred Burton, ’n omgewingsb­ewaarder op die Kaaimansei­lande aan wie die oorlewing van die blou iguana grootliks te danke was.

“Darwin het die wêreld met sy insig verander,” het Stewart gesê. Die hoofboodsk­ap van Darwin200, reken hy, is dat “dit nooit te laat” vir ons planeet is nie. “Dis binne ons vermoë om baie ongeloofli­ke spesies te red en die wêreld in die toekoms ten goede te verander.”

Die Oostersche­lde se bemanning sluit spesialist­e soos ’n voëlkundig­e, mariene bioloog en wetenskaps­opvoeder in, maar groepe “Darwinleie­rs” sal ook by elke hawe by hulle aansluit – jong mense wat gekies is oor hul passie vir natuurbewa­ring en hul eie pogings om die Aarde te help beskerm. Sowat 200 van hulle sal aan Darwin200 se bewaringsl­eierskapsp­rogram deelneem.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa