Huisgenoot

HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENI­S

28 JANUARIE 1958 – DIE PATENT VIR LEGO WORD GEREGISTRE­ER

-

Ons ken dit vandag as helderkleu­rige plastiekbl­okkies, maar die gewilde Lego-speelgoed het eintlik as houtblokki­es in die werkswinke­l van Ole Kirk Christians­en begin. Ole het sy maatskap- py in 1934 Lego genoem, na die Deense frase leg godt, wat ongeveer “lekker speel” beteken. In 1949 het Lego hul eerrste plastiekbl­okkie gemaak, maar Ole se seun, Godtfred Kirk, het die patent vir die blokkies eers nege jaar later gaan registreer.

’n Patent gee aan ’n uitvinder die alleenreg om iets te maak en te verkoop onder sy naam.

Die basiese ontwerp van die Legoblokki­e het dieselfde gebly deur die jare en grootliks tot die gewildheid­heid van die speelgoed bygedra. Dis so gewild dat dit deur verskeie publikasie­s as speelding van die eeu aangewys is, en dis opgeneem in die Amerikaans­e National Toy Hall of Fame.

In 1969 het Lego die Duplo-blokkies bekendgest­el, groter as die oorspronkl­ike blokkies. Dit maak dit makliker vir jonger kinders om op te tel e en mee te speel, en moeiliker om per o ongeluk in te sluk.

Die bl blokkies het selfs al d die ruimte gehaal t toe van dit in 2011 na die Internasio­na nasionale Ruimtestas­ie g geneem is. Lego het ook uitgebrei n na pretparke, met die eerste Legola Legoland wat in 1968 in die Christians­e tiansens se tuisdorp, B Billund, geopen is. Daar is tans 10 van dié parke oor die wêreld h heen. Reuseweerg­awes va van beroemde landmerke soos die Eiffeltori­ng en Amerika se Mount Rushmore is al uit Lego-blokkies gebou en Legomannet­jies was al die inspirasie vir van videospele­tjies tot flieks, insluitend The LEGO Movie en The LEGO Batman Movie.

 ?? ?? Hier word ’n Lego-replika van die koningin van Engeland by die Lego-Windsor-paleis geplaas.
Hier word ’n Lego-replika van die koningin van Engeland by die Lego-Windsor-paleis geplaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa