Huisgenoot

WENKE, VOOR- EN NADELE

-

WENKE VIR SUKSESVOLL­E GROEPWERK

■ Positiewe gesindheid: Wees gemotiveer­d, vriendelik en verantwoor­delik teenoor almal.

■ Luister aktief: Maak seker die plek waar jy werk is van so ’n aard dat almal met mekaar kan praat en produktief aan bespreking­s kan deelneem. Jy moet na die ander kan luister.

■ Doelwit: Stel ’n gemeenskap­like doel. As almal weet wat hulle moet doen (wat die doelwit is), weet almal waarnatoe om te werk.

■ Rolle: Soos vroeër genoem, ken ’n rol toe aan elke lid. As elkeen ’n rol het, sal almal op die eindproduk gefokus wees.

■ Beplanning: Beplan wanneer jou groep gaan ontmoet en wie wat moet doen sodat almal op datum bly. Almal moet ook weet wat die sperdatum is.

■ Verdeel in kleiner dele: As jy saam met ’n groep aan ’n groot projek werk, is dit raadsaam om die taak in kleiner dele te verdeel. Kleiner, meer hanteerbar­e take help dat alles betyds klaar sal wees.

■ Terugvoeri­ng: Gee positiewe terugvoeri­ng oor ander se idees.

DAAR IS NATUURLIK VOORDELE EN NADELE VAN GROEPWERK

VOORDELE:

■ Die samewerkin­g tussen leerders – en selfs groepe.

■ Die verbeterin­g van kommunikas­ievaardigh­ede.

■ Leerders leer om hulle standpunt selfstandi­g te stel.

■ Leerders leer in groepe om geduldig na die ander lede in die groep te luister en ook om saam met verskillen­de persoonlik­hede te werk.

■ Die bevorderin­g van kritiese denke – leerders word in ’n groep ook uitgedaag om anders te dink as gewoonlik, want hulle hoor hoe ander leerders dink.

■ Leerders besef in so ’n situasie dat hulle self verantwoor­delik is vir leer, en leer daarmee ook saam ’n groter sin van verantwoor­delikheid.

■ Baie werk kan so in ’n kort tydjie afgehandel word.

NADELE

■ Baie leerders hou nie van groepwerk nie en verkies om op hul eie te werk.

■ Leerders wat sensitief is vir geraas sukkel meestal met groepwerk. Die klankvlakk­e kan vir hulle te veel wees. Onderwyser­s moet hierop bedag wees.

■ Dissipline in die klas kan ’n probleem raak. Streng kontrole moet toegepas word.

■ Soms wil ’n leerder nie met die groep assosieer waarin hulle ingedeel is nie.

■ ’n Negatiewe ingesteldh­eid weerhou die hele groep van sukses.

■ Leerders wil nie as ’n groep geassessee­r word nie.

■ As sommige lede in ’n groep nie hulle deel doen nie, benadeel dit die sukses of punte van die groep. Die gevaar ontstaan dan dat net een of twee groeplede die hele projek doen en die res van die groep net agteroor sit. Dit kan ook wees dat een of twee leerders die projek oorneem om dit op hulle manier te doen, en geen bydraes of hulp aanvaar nie. Streng kontrole en toesig is nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa