Huisgenoot

Kan sampioene gevaarlik wees om te eet?

Die Babbelbend­e leer meer oor sampioene

-

PALOEKA die leeu en Palawa die kameelperd is in die Babbelboom­huis. Hulle is op soek na hulle vriendin Bibi. Sy is net mooi nêrens te sien nie. “Waar dink jy is sy?” vra Paloeka. “Bibi!” roep Palawa, maar daar is geen antwoord nie.

’n Groot rooi kas staan in die middel van die boomhuis – die kas se gordyntjie­s is toegetrek.

“Dalk is sy nog besig met huiswerk. Ek wonder of ons nie solank na die videoboods­kap moet luister nie,” sê Paloeka.

Skielik is daar beweging van agter die rooi kas. Die gordyntjie­s skuif oop en twee poppe verskyn.

“Wie op aarde is julle twee?” vra Palawa geskok.

“Ons is die Kekkels,” sê die blou pop met die lang hare.

“Ja, ek is Koejawel,” sê die rooi pop met die kort hare. “En dit is my maat, Kapoet.”

“Hallo Kapoet en Koejawel. Ons gaan nou na die vraag van die dag luister. Julle kan saam met ons luister,” nooi Paloeka die poppe. “Ons luister graag,” sê Kapoet. Palawa speel die boodskap. “Hallo, Babbelbend­e, ek wil graag weet, wat is sampioene? En is dit gevaarlik om te eet?” vra die seuntjie op die skerm.

“Ek is nie seker nie,” sê Palawa. “Weet een van julle?”

“Nugter en sy suster weet,” antwoord Koejawel.

“Wie is nugter?” vra Paloeka. “Nee, dit weet ek ook nie. Hulle bestaan nie regtig nie, dis maar net ’n sêding wat ons sê om te verduideli­k dat ons ook nie weet nie,” antwoord Kapoet.

“O, ek verstaan,” sê Paloeka. “Maar kom ons vra dan vir Ben. Ek is seker hy sal weet.”

Palawa bel hulle vriend Ben. Hy is nuuskierig en leergierig en probeer altyd om alles oor allerhande nuwe dinge te leer.

“Hallo julle, waar is Bibi?” vra Ben toe hy vir Paloeka en Palawa sien.

“Nugter en sy suster weet,” sê Paloeka agter Koejawel aan.

“Maar kan jy ons dalk help met die vraag oor wat sampioene is?” vra Palawa.

“Beslis. Kom ons begin by die begin. Eerstens, is ’n sampioen ’n plant of ’n dier? Glo dit of nie, maar ’n sampioen is nie een van die twee nie. Al word sampioene as ’n soort groente gesien, is dit nie regtig ’n plant nie. Dit is omdat hulle nie son

lig nodig het om te groei soos ander plante nie.

“En wat maak ’n sampioen anders as ’n dier? Wanneer diere kos eet, word die kos binne-in hulle magies verteer,” sê Ben. “Dit beteken die kos word in kleiner stukkies opgebreek sodat ons derms die gesonde en nodige voedingsto­wwe kan opneem. Met sampioene werk dit anders. Sampioene verteer hulle kos buite hulle liggaam. Hulle skei sure en ensieme buite hulle liggaam af, wat hulle kos rondom hulle, in klein stukkies opbreek en verteer. Is dit nie ongeloofli­k nie?”

“Dit klink so vreemd,” sê Palawa.

“Wat is sampioene dan? Ek verstaan nie so mooi nie.”

“Sampioene is deel van die swamfamili­e. Dinge soos broodmuf en gis is ook swamme, net soos sampioene. En dit bring ons by ons volgende vraag: Kan sampioene gevaarlik wees om te eet? Die antwoord is . . . ja.

“Sampioene kan in sommige gevalle baie gevaarlik wees om te eet en daarom is dit baie, baie belangrik dat jy nooit ’n sampioen uit die grond pluk en dit in jou mond sit nie. Nooit ooit nie!” sê Ben. “Hoekom nie?” vra Paloeka. “Sampioene kom in baie verskil

lende vorms en kleure voor, maar hoe die sampioen lyk, sê nie noodwendig vir jou of dit eetbaar of giftig is nie. So dis baie moeilik om te weet wat jy kan en nie kan eet nie. Twee wit sampioene wat amper dieselfde lyk, kan baie verskillen­d wees. Een kan eetbaar wees en die ander een giftig,” sê Ben.

“Net iemand wat sampioene baie goed ken, sal vir jou kan sê watter sampioene eetbaar is. So julle moet onthou, die enigste sampioene wat ons mag eet, is die wat in winkels verkoop word, of wat grootmense wat ons ken en vertrou, vir ons gee om te eet,” sê Ben.

“Ek sal dit sowaar onthou,” sê Palawa baie ernstig.

“Eetbare sampioene kan baie goed wees vir ons liggaam. Dit bevat eintlik baie vesel wat ons help met vertering, dit het baie proteïene en is propvol vitamiene,” sê Ben.

“Julle, ek voel nou skielik nie baie lekker nie,” sê Kapoet.

“Wat makeer?” vra Paloeka. “Ek het nou die dag wilde sampioene daar langs die stroompie gepluk en dit geëet,” sê Kapoet. “Jy het wat?” vra Koejawel. “Dit was dan jou idee,” sê Kapoet. . “My idee? Ek weet nie eens waarrvan jy praat nie?” sê Koejawel.

“Jy het gesê ek moet daai wit ding g hap voor ek daarop trap,” sê Kapoet. t. “Dit was ’n sampioen. En toe lyk dit lekker en toe eet ek ’n dosyn.” “Hoeveel?” vra Palawa. “Twaalf. ’n Dosyn is twaalf,” verduideli­k Paloeka.

“En nou voel ek glad nie lekker nie,” sê Kapoet.

“O ja, nou onthou ek daai dag,” sê Koejawel vir Kapoet.

Palawa lyk bekommerd. Dis vir ’n rukkie stil.

“Weet jy wat dink ek nou net. Ons is nie mense nie, Kapoet. Ons is nie diere nie. Ons is poppe. Dit beteken ons kan nie kos verteer nie en ons kan eet wat ons wil. Ons kan nie siek raak nie. Dit is alles in jou kop, Kapoet,” sê Koejawel.

“Tik my om met ’n tak. Jy is reg. Wat maak ons nog hier? Kom ons gaan jag klippe,” sê Kapoet.

“Hie-haa!” gil Koejawel. En toe verdwyn die twee Kekkels weer agter die gordyn.

Skielik verskyn Bibi en is sy ook saam met hulle in die boomhuis.

“Hallo julle, jammer ek is laat. Wat het ek misgeloop?” vra sy.

“Ek dink nie jy gaan ons glo as ons jou vertel nie,” sê Palawa.

“Ja, goeiste, dit was ’n baie bedrywige middag,” sê Paloeka en begin vertel. “Ons het jou eers oral gesoek, maar kon jou nêrens kry nie. Ons sien toe die groot rooi kas en toe verskyn daar twee poppe van agter hierdie groot kas.”

“En toe?” vra Bibi en glimlag geheimsinn­ig.

● Volgende week vind die Babbelbend­e-maats uit hoekom mense perd ry.

Party sampioene is nie eetbaar nie en kan baie giftig wees

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa