Huisgenoot

EK'S TERUG!

Dit het gelyk asof Donald Trump se politieke loopbaan gekelder is. Maar blykbaar het sy party steeds vertroue in hom – en peilings wys hy kan weer koning kraai

- Saamgestel deur JANE VORSTER

JÔ, MENSE verskil darem baie. Vir party Amerikaner­s is Donald Trump ’n volksheld wat ál hulle drome gaan bewaarheid. Vir ander is hy ’n misdadiger, verraaier en verkragter wat opgesluit moet word. Oor Trump is daar nie draadsitte­rs nie. Liefde of haat. Die Republikei­nse Party maak staat op eersgenoem­de. Afgevaardi­gdes van Iowa het vir Trump gestem as hulle kandidaat om later vanjaar teen pres. Joe Biden te staan te kom in die verkiesing.

Baie mense in die res van die wêreld kyk in afgryse toe. Hoekom op dees aarde sal die party iemand wat so erg in die skande gesteek is, nóg ’n keer die leisels van die land – en die kodes van die kernarsena­al – wil gee?

Dít ná die waansin van sy laaste maand in die amp toe hy nie wou aanvaar dat hy die verkiesing verloor het nie. Nadat hy ’n skare mense opgesweep het om die Capitol-gebou – die hartjie van die Amerikaans­e demokrasie – gewelddadi­g te bestorm. Plak hierby die 91 aanklagte teen hom, wat insluit bedrog, vervalsing en aanhitsing tot rebellie, asook die sterk moontlikhe­id dat hy die eerste voormalige Amerikaans­e president kan word wat tronk toe gestuur gaan word. Hy is klaar die eerste oudpreside­nt van dié land wat vir ’n polisiefot­o moes staan.

Maar waardes en moraliteit teit is op die agtersitpl­ek. Wat nou belangrik grik is, is meningspei­lings, en dié wys as s Trump (77) weer teen Biden (81) te staan an kom, gaan hy waarskynli­k wen. Die Iowa-Republiowa-Republikei­ne het in hierdie heel eerste rste fase van die proses, in oorvloed vir r Trump gestem. Teen die ander kandidate didate – die goewerneur van Florida, Ron DeSantis en ’n vorige VN-ambassadeu­r adeur Nikki Haley – het Trump ’n wegholoorw­inning oloorwinni­ng gehad. Maar dis nog vroeg. Verteenwoo­rdigers in 49 ander state moet oet nog hulle stem dik maak, maar die kenners dink dié eerste oorwinning is ’n groot sielkundig­e hupstoot vir die Donald. ld.

HY KON nie eens s lank feesvier nie – ure ná sy y oorwinning was hy terug in die hof in New York. Laas jaar is bevind hy het die skrywer er

E. Jean Carroll in die 1990’s ’s seksueel aangerand. Daarna a het hy haar belaster deur te e sê sy’t alles opgemaak. En nou het sy hom weer gedagvaar omdat sy sê hy het sy mag as president gebruik om haar reputasie heeltemal te vernietig. Hy gaan vanjaarvan­jaar baie tyd in die hof deurbring, maar vir Trump is daar “no such thing as bad publicity”. Hy speel die rol van onskuldige martelaar – al hierdie hofsake is net ’n sameswerin­g om sy presidents­kap en nog ’n verkiesing by hom te “steel”.

Amerikaner­s moet hulle sitplekgor­dels styftrek vir sy derde agtereenvo­lgende verkiesing­sveldtog.

Het die VSA se 45ste president regtig ’n kans om terug te keer Withuis toe as die 47de een?

Ons kyk na sy uitdagings, die troefkaart­e in sy mou en die blokke waaroor hy nog kan

struikel.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa