Huisgenoot

SEUNTJIE SE KOMS GEVIER DROME KRY VLERKE

-

DIE voormalige Boer soek ’n vrou- deelnemer ANCHEN GENIS en haar man, GERRIT, se tweede spruit is op pad. Die paartjie se paaie het gekruis nadat albei aan die kykNET-maatsoekre­eks deelgeneem het.

Hulle het reeds ’n eenjarige dogtertjie, ELLIE, en hul seuntjie se koms is onlangs met ’n babatee by Nine Oaks buite die Paarl gevier. Die dag was propvol bederf en is spesiaal deur twee vriendinne gereël. Onder die 25 gaste was die voormalige Op my eish!- deelnemer Efraine van Heerden. Sy is ook swanger met ’n seuntjie en het toevallig dieselfde bevallings­datum as Anchen. “Dis altyd spesiaal as ’n mens ’n vriendin het wat dieselfde pad as jy stap. Efraine het my grimering vir my troue gedoen, en daarna het sy ’n vriendin geword. Haar ma en my skoonouers stap egter al ’n lang pad. Sy is regtig ’n wonderlike mens, met die mooiste hart.”

Net soos met haar eerste babatee was dit hierdie keer baie spesiaal. “Dis so lekker om te sien hoe ander mense saam met ons opgewonde is oor ons seuntjie se koms!” Hulle het besluit om hul seuntjie Evert

Louis te noem. “Evert is afkomstig van die eerste Genis van Gerrit se stamlyn wat Suid-Afrika ingekom het, en Louis is my skoonpa se naam,” vertel sy.

“Ons is beslis gereed om ons seuntjie te ontmoet en om te sien watter oulike ousus Ellie vir haar boetie gaan wees. Gerrit is veral opgewonde om te sien na wie Evert gaan lyk,” sê Anchen.

Hul grootste wens vir die kleinman? “Om die lewe voluit te leef, mense altyd met liefde en respek te hanteer, die Here met oorgawe te dien, en om altyd te weet dat hy goed genoeg en só geliefd is.”

 ?? ?? BO: Anchen en Gerrit Genis se tweede kind is op pad. Anchen straal behoorlik op 37 weke. REGS: Hul dogtertjie, Ellie, kan skaars wag om haar boetie te ontmoet.
BO: Anchen en Gerrit Genis se tweede kind is op pad. Anchen straal behoorlik op 37 weke. REGS: Hul dogtertjie, Ellie, kan skaars wag om haar boetie te ontmoet.
 ?? ?? BO: Sy en Efraine van Heerden is albei swanger met seuntjies, en hul seuntjies kom na verwagting op dieselfde dag.
BO: Sy en Efraine van Heerden is albei swanger met seuntjies, en hul seuntjies kom na verwagting op dieselfde dag.
 ?? ?? LINKS: Anchen en Gerrit het besluit om hul seuntjie Evert te noem.
LINKS: Anchen en Gerrit het besluit om hul seuntjie Evert te noem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa