Huisgenoot

5 DINGE waaroor ONS PRAAT

-

LINDSAY ONTEVREDE OOR GEMENE GRAP

Die aktrise LINDSAY LOHAN is ongelukkig oor ’n kru grap wat in die 2024-weergawe van die fliek Mean Girls ingesluit is. Aanhangers onthou dalk die musiekbest­uurder Brandon Davis het destyds die belediging in ’n video gebruik om Lindsay (37) te beskryf. Sy het die hoofkarakt­er, Cady, in die oorspronkl­ike fliek gespeel. “Lindsay is seergemaak oor die verwysing na die belediging in die fliek,” sê haar verteenwoo­rdiger. Dit is nog onbekend of die frase verwyder sal word.

SUZANNE BLY TEENWOORDI­G

SUZANNE SOMERS se man, ALAN HAMEL, sê hy het onlangs drie spirituele ervarings op dieselfde dag gehad. Hy meen dit was manifestas­ies van die oorlede aktrise. Eers het ’n kolibrie in hul huis rondgevlie­g en lank voor ’n foto van die egpaar gefladder, later het die kaggel self opgevlam net toe Suzanne se gunsteling­komponis se musiek begin speel. “Ek glo nou daar is ’n hiernamaal­s,” het Alan (87) aan Page Six gesê.

JENNA VERWAG AGWEER WEER

Watter beter manier om jou swangerska­p aan te kondig as met ’n video van jou in ’n borrelbad terwyl jou baba se pa vir jou sing? Die aktrise JENNA DEWAN (43) het die aap uit die mou gelaat met ’n video waarop haar verloofde, Steve Kazee (48), vir haar sing. Dit sal Jenna se derde kind wees. Die paartjie het ’n driejarige seun, Callum, en Jenna het ’n dogter, Everly, by die akteur Channing Tatum.

NOG ’N SEUN VIR JOSH

JOSH DUHAMEL (51) en sy vrou, Audra (30), vier die nuwe jaar met die geboorte van hul seun, Shepherd Lawrence Duhamel. Die knapie is die egpaar se eerste kind saam. Die akteur het ook ’n seun, Axl (10), by sy eksvrou, die sangeres Fergie. Toe Josh en Audra die swangerska­p in September bekendgema­ak het, het die sangeres hulle gelukgewen­s. “Ek is werklik bly vir julle. Axl kan nie wag om ’n ouboet te wees nie,” het sy toe laat hoor.

SOFÍA OOR MOEDERSKAP

Toe SOFÍA VERGARA (51) en JOE MANGANIEL

LO (47) verlede jaar skei, het almal gewonder wat skeefgeloo­p het. In ’n onlangse onderhoud met die Spaanse koerant El País onthul die ster van Modern Family dit het op kinders hê en ouderdom neergekom. “My huwelik het verbrokkel, want my man was jonger en wou kinders hê, en ek wou nie ’n n ou ma wees nie. Ek voel dis nie regverdig teenoor die baba nie,” sê sy.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa