Huisgenoot

SPAANSE TORTILLA met CHORIZOSAL­SA

-

GENOEG VIR 8 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 40 MIN.

700 g aartappels, geskil

160 ml ( ²⁄₃ k) ekstrasuiw­er olyfolie

5 ml (1 t) soutvlokki­es

2 bruin uie (300 g), in dun skywe gesny

150 g sterk chorizo, fyngekap

250 g kersietama­ties, in kwarte gesny ½ rooi soetrissie (100 g), fyngekap 20 g (½ k) grofgekapt­e vars platblaarp­ietersieli­e 10 g (¼ k) vars origanumbl­are, los gepak

10 eiers, liggies geklits

1 Sny die aartappels in die helfte en dan in dik 1 cm-skywe.

2 Verhit die olie in ’n kleefvrye 26 cmbraaipan oor matige hitte. Voeg die aartappels by en sprinkel die sout oor. Kook 10 min., roer af en toe, of tot die aartappels net sag is. Skep die aartappels met ’n gaatjiesle­pel uit en behou soveel moontlik van die olie in die pan. 3 Plaas die uie in die olie in die pan en braai 10 min. of tot sag en goudbruin terwyl jy af en toe roer. 4 Verhit intussen ’n tweede braaipan oor matige hitte en braai die chorizo 5 min. daarin. Roer af en toe, of tot die chorizo begin verbruin en bros raak. Plaas die chorizo in ’n middelslag­bak. Voeg die tamaties, soetrissie en kruie by. Meng deur en geur na smaak. 5 Plaas die aartappels saam met die ui in die pan en geur met die sout. Giet die geklitste eiers oor. Verminder die hitte tot laag en kook 10 min. Kantel die basis van die pan kort-kort en beweeg die tortilla met ’n sagte spatel om die eier eweredig gaar te maak. Wanneer dit amper gaar is, sit die pan onder ’n warm roosterele­ment om die bokant van die gereg ’n lieflike goue kleur te gee. 6 Sit die Spaanse tortilla in wiggies gesny voor saam met die chorizosal­sa.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa