Huisgenoot

STOWEHOEND­ER met SJERRIE & GROEN OLYWE

-

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR 15 MIN.

60 ml (¼ k) Spaanse droë sjerrie

35 g (¼ k) rosyne 1 hele knoffelbol, horisontaa­l gehalveer

1 prei (350 g), skoongemaa­k, dun gesny 3 wortels (360 g), in skyfies gesny 300 g groot groen olywe

250 ml (1 k) hoenderaft­reksel 80 g ( k) botter, saggemaak sout en vars gemaalde peper 6 hoenderagt­erkwarte (dy-enboudjie)

15 ml (1 e) ekstrasuiw­er olyfolie

AFRONDING

80 g (½ k) geblansjee­rde amandels, gerooster, grofgekap

40 g (1 k) vars platblaarp­ietersieli­e, los gepak

75 g (½ k) granaatpit­te

Voorverhit die oond tot 200 °C (waaiergedr­ewe: 180 °C). Smeer of bespuit ’n groot oondrooste­rpan.

1 Giet die sjerrie in ’n klein bakkie en plaas die rosyne daarin. Laat week 10 min.

2 Sit intussen die knoffel, prei, wortels en olywe in die oondpan. Giet die aftreksel oor die groente en bedek die pan met foelie. Bak 20 min. in die oond.

3 Giet die sjerrie van die rosyne af in ’n beker. Plaas die deurweekte rosyne en botter in ’n klein voedselver­werker, en geur met die sout en peper. Verwerk tot die rosyne en botter goed gemeng is.

4 Maak ’n klein stukkie van die vel op elke hoenderpor­sie oop, sit van die gegeurde botter daarin en versprei dit onder die vel. 5 Haal die groente uit die oond, verwyder die foelie en sit die hoender met die velkant na bo op die groente. Giet die oorblywend­e sjerrie oor, bedruip met die olie en sprinkel die sout en peper oor die hoender. Sit terug in die oond en bak onbedek nog 30 min.

6 Afronding Sprinkel die amandels, die pietersiel­ie en granaatpit­te oor die hoenderger­eg en sit voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa