Huisgenoot

SJOKOLADET­ERT met KERSIES & SJERRIE

-

GENOEG VIR 12 MENSE / BEREIDING EN BAKTYD: 1 UUR 15 MIN. PLUS VERKOELTYD IN YSKAS EN AFKOELTYD TOT KAMERTEMPE­RATUUR

1 x 435 g-pak soet broskorsde­eg 680 g gebottelde morello-kersies, gedreineer

125 ml (½ k) Spaanse soet sjerrie 240 g (2 k) amandelmee­l

30 ml (2 e) gewone meel

3 eiers, liggies geklits

165 g (¾ k) strooisuik­er

15 ml (1 e) fyngeraspe­rde lemoenskil 5 ml (1 t) vanieljepa­sta

2 ml (½ t) fyn kaneel

50 g donkersjok­olade, grofgekap

10 ml (2 t) strooisuik­er, ekstra

VIR VOORSIT

dik room of roomys

Voorverhit die oond tot 180 °C (waaiergedr­ewe: 160 °C). 1 Voer ’n bereide ronde losboompan van 24 cm in deursnee met die deeg uit. Prik die deeg oraloor met ’n vurk en verkoel 20 min. in die yskas. 2 Halveer die kersies en verwyder die pitte. Plaas die kersies in ’n kastrol, giet die sjerrie daaroor en kook 10 min. of tot die vloeistof heeltemal weggekook het en die kersies glansend is. Verwyder van die hitte. 3 Neem die tertkors uit die yskas, bedek die deeg met bakpapier en plaas bakgewigte, droëbone of rys in die holte. Bak 10 min. of tot die deeg net-net goudbruin is. Verwyder die gewigte en bakpapier. Bak die tertkors nog 5 min.

4 Meng die amandelmee­l, meel, eiers, suiker, lemoenskil, vanielje en kaneel in ’n middelslag mengbak. Roer tot dit ’n dik pastamengs­el vorm.

5 Skep die kersies oor die basis van die tertkors en strooi die sjokolades­tukkies eweredig oor. Skep lepels vol vulsel daaroor, versprei met ’n vurk en smeer die bokant gelyk. Sprinkel die ekstra suiker oor. Bak 30 min. of tot goudbruin. 6 Haal die tert uit die oond en laat dit in die pan afkoel.

7 Vir voorsit Sit dit voor saam met die dik room of die roomys.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa