Huisgenoot

PLEKKIE ONDER DIE SON

In ’n sonnige land is dit belangrik om sonslim te wees. ees. Ons kyk na die jongste navorsing vir wenke om jou u teen velkanker te beskerm

- Deur BONNIE VAUGHAN

DIE reëls ls oor hoe om veilig eilig in die son te wees verander voortduren­d oortdurend danksy y nuwe wetenskapl­ike ke navorsing oor blootstell­ing stelling aan die son, risikofakt­ore sikofaktor­e en die vroeë opsporing van velkanker. elkanker. Volgens die prominents­te kenners ners van velkanker in Australië, die land met die hoogste voorkoms van velkanker er terwêreld, ter wêreld, is dit belangrik om die volgende nde te weet.

’N BIETJIE BLOOTSTELL­ING TELLING KAN ’N GOEIE DINGG WEES

Blootstell­ing aan die son on se UV-strale is die hoofoorsaa­k van velkanker – dis ’n onweerlegb­are feit. Dis egter ook die maklikste en natuurliks­te bron van vitamien D, ’n noodsaakli­ke hormoon wat jou liggaam help om kalsium op te neem vir been- en spiergeson­dheid.

Die meeste gesondheid­sorganisas­ies oor die wêreld heen stem nou saam dat ’n bietjie daaglikse onbeskermd­e blootstell­ing aan die son deel van ons algemene gesondheid­sroetine moet wees. Maar hoeveel blootstell­ing? ?

Die aanbevelin­g is 1,3 stantandaa­rd eritemale dosisse se (SED’s) drie keer per week, k, sê dr. Rachel Neale, senior navorsings­genoot by Australië se Queensland-instituut vir mediese navorsing. Eriteem verwys s na die rooiheid van die vel, el, en SED is ’n maatstaf om die hoeveelhei­d sonblootst­elling lling te meet. “As die UV-indeks 10 is, kry jy ongeveer 10 SED’s per uur,” sê Rachel. “So jy sal een SED in ses minute kry.” (Soos in Australië is die UV-indeks in Suid-Afrika ongeveer 10 of effens hoër, so jy sal 1 SED in ongeveer 10 minute kry.)

Die blootstell­ing hoef ook nie oor jou hele liggaam te wees nie, sê sy, maar slegs oor 35% van jou lyf ( jou bene tot net b bokant die knie, jou arms t tot net bokant die elmboë en jou gesig). Jy kan dus die vit vitamien D maak wat jy nodig het deur net 13 minute van jou dag d buite deur te bring. “In die somer kan jy kry wat jy nodig het deur net jou daaglikse roetine te volg – gaan werk toe of winkels toe, of gaan stap met die hond, of sit in die tuin,” sê Rachel. “Die manier waarop vitamien D in die liggaam geberg en afgebreek word, beteken ook dat jy met onderbroke blootstell­ing kan wegkom – dit hoef nie alles op een slag te gebeur nie.”

JY HET WAARSKYNLI­K NIE ’N AANVULLING NODIG NIE

Daar is artikels oor vitamien D-tekorte wat toeneem as gevolg van mense wat blootstell­ing aan die son vermy, of hulself bedek en sonskerm gebruik.

Maar Rachel sê daar is baie min bewyse hiervoor, veral in lande in die Suidelike Halfrond, en voeg by dat die enigste mense wat die risiko loop aan ’n tekort, dié is wat huisgebond­e is weens swak gesondheid of gestremdhe­id, bejaardes in sorgsentru­ms, en dié wat spesifieke medikasie neem of ’n spesifieke mediese toestand het wat swak vitamien D- en

kalsiumabs­orpsie veroorsaak.

Dit kan ook ’n probleem wees vir dié wat die son vermy omdat hulle voorheen velkanker gehad het of ’n hoë risiko vir kanker het, en dié wat die grootste deel van hul liggaam om godsdienst­ige of kulturele redes bedek.

Die deursneeme­ns wat buite rondloop in hul daaglikse doen en late, sal waarskynli­k nie ’n vitamien D-aanvulling hoef te neem nie, sê Rachel. As jy wonder hieroor of bekommerd is, vra jou huisdokter vir ’n toets.

TEGNOLOGIE KAN ONGELOOFLI­K NUTTIG WEES

Baie velkankerk­linieke bied reeds digitale monitering van moesies en kolle aan, maar dis net die begin. Daar is nou ’n oplewing in tegnologie­se belegging en navorsing in die ontwikkeli­ng van akkurate outomaties­e stelsels wat velkanker vroeg kan opspoor, soos 3Dskandeer­ders wat ’n hoëdefinis­ie-avatar van jou liggaam skep om al die moesies en merke aan te teken en na te spoor, en die gebruik van kunsmatige intelligen­sie om te onderskei tussen verdagte en nieverdagt­e moesies en letsels.

Daar is ook ’n oplewing in die ontwikkeli­ng van apps waarin ’n dermaskoop aan ’n slimfoon gekoppel kan word sodat jy ’n foto van die verdagte moesie of kol kan neem en dit direk aan jou dermatoloo­g kan voorlê. Hoewel dit waarskynli­k die toekoms van vroeë opsporing van velkanker sal wees, is ons nog nie heeltemal daar nie.

Tot dan gee baie klimaatapp­s op jou slimfoon die indeks vir UV-strale vir jou gebied, en dit kan selfs aanbeveel wan

neer jy deur die dag sonskerm benodig of nie nodig het nie.

JOU FAMILIEGES­KIEDENIS MAAK REGTIG SAAK

Vroeë opsporing maak baie staat op mense wat selfonders­oek doen en dadelik dokter toe gaan as hulle ’n veranderin­g opmerk.

Mense met ’n ligte vel, wat ’n hoër risiko het, moet elke drie tot ses maande selfonders­oek doen, en dit oorweeg om een keer per jaar ’n profession­ele velonderso­ek te kry. Mense van kleur het oor die algemeen ’n laer risiko vir melanoom, maar dit is steeds belangrik om waaksaam te wees. Familieges­kiedenis speel ook ’n deurslagge­wende rol.

“As jou ma of oom aan melanoom oorlede is, loop jy ’n hoë risiko – veral as jy jonger as 40 is,” waarsku Peter. In hierdie geval moet jy elke ses maande ’n profession­ele velonderso­ek hê.

“En as jy ’n ultrahoë risiko het, wat beteken dat jyself een of twee melanome gehad het, of as jy familieled­e het wat gesterf het daaraan, is dit ’n goeie idee om elke drie of vier maande ’n profession­ele ondersoek te laat doen.”

‘IN DIE SOMER KAN JY KRY WAT JY NODIG HET DEUR NET JOU ROETINE TE VOLG’

 ?? ?? Moenie altyd vir die son wegkruip nie. Jy het immers ook blootstell­ing daaraan nodig.
Moenie altyd vir die son wegkruip nie. Jy het immers ook blootstell­ing daaraan nodig.
 ?? ?? As jy daagliks buite rondloop, sal jy waarskynli­k nie ’n vitamien Daanvullin­g hoef te neem nie.
As jy daagliks buite rondloop, sal jy waarskynli­k nie ’n vitamien Daanvullin­g hoef te neem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa