Huisgenoot

Justin Timberlake

Ná ses jaar is JT gereed om nuwe musiek uit te reik

- VERMAAK Saamgestel deur ELRI BOUCHER

Hy het talle mense warm onder die kraag gehad verlede jaar. Dit was nadat Britney Spears, een van sy eksliefdes, in haar boek, The Woman in Me, geskryf het hoe ontrou hy teenoor haar was, en hoe hy glo druk op haar geplaas het om hul kind te laat aborteer. Die skinderton­ge het geklap en die kritici het hom bitsig bygekom.

Maar Justin Timberlake het niks oor die saak gesê nie. Trouens, hy het die kommentaar­afdeling op sy sosialemed­iablaaie afgesit, en glad nie gereageer op enige van die aantygings nie.

Dit was alles natuurlik om sy beeld so blink gepoets moontlik te hou in afwagting op die uitreiking van ’n splinternu­we enkelsnit en komende album. Justin wil nou graag die soeklig op sy loopbaan as ’n musikant hê.

Sover gaan dit goed. Met sy optrede in Januarie op sy tuisdorp, Memphis, het hy talle mense beïndruk met die onverwagse uitvoering van “Selfish”. Dié nuwe R&B-liedjie stel Justin se satyngladd­e stem uitstekend ten toon en vertel van ’n man wat alles van sy geliefde wil hê en hoe dit hom selfsugtig maak.

Direk ná die optrede het Justin op sy Instagramb­lad ’n voorprent gedeel vir sy komende sesde album, Everything I Thought It Was – ses jaar ná sy laaste album, Man of the Woods.

Die presiese datum wanneer JT se enkelsnit en album uitgereik word, is nog nie bekend nie. Maar volgens bronne kan dit enige tyd binne die volgende maand gebeur, aangesien Justin hard besig is om sy beeld en reputasie te poets met verskyning­s op laataand-TV-programme soos The Tonight Show Starring Jimmy Fallon en Saturday Night Live.

Vir die nuwe album het Justin ook weer hande gevat met die musiekverv­aardiger Timbaland, wat destyds gehelp vervaardig het aan die bekende “Sexyback” op sy tweede album, FutureSex/LoveSounds.

In ’n onderhoud verlede jaar met die tydskrif Variety het Timbaland gesê die album is klaar vervaardig. “Dit het meer tempo en ritme as Justin se vorige albums. Dis prettig, maar ook nie te swaar nie, en gee vir sy aanhangers presies wat hulle verwag, sonder tierlantyn­tjies en snitte wat oorvervaar­dig is.

“Die lirieke is diep, maar nie so diep dat jy sukkel om dit te verstaan nie. Boonop het die liedjies ook ’n vibe van skud jou kop en dans op die musiek.”

Justin het verlede jaar ’n groot opskudding veroorsaak toe hy ná 20 jaar weer ’n nuwe enkelsnit, “Better Place”, saam met sy ou boyband, NSYNC, uitgereik het, asook “Keep Going Up!” saam met Timbaland en Nelly Furtado.

 ?? ?? HOOFFOTO en BO: Justin Timberlake se liedjie “Selfish” is deel van sy komende album, Everything I Thought It Was.
HOOFFOTO en BO: Justin Timberlake se liedjie “Selfish” is deel van sy komende album, Everything I Thought It Was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa