Huisgenoot

Nuut op die rakke

Leesgoed vir jonk en oud

- Deur ELNA VAN DER MERWE

UITVINDERS, PLANMAKERS EN ANDER SLIMKOPPE VAN SUID-AFRIKA Deur ENGELA DUVENAGE Illustrasi­es: TUMI K. STEYN LAPA, R424*

Op die Kaapstad Internasio­nale Lughawe knik dokter Bongani Mayosi vir ’n lugwaardin. Dis 1998 en hy is op pad na Engeland en die Universite­it van Oxford om verder te gaan studeer. Saam met sy sambreel, reënjas, pajamas, stetoskoop, boeke, dasse, hemde en ’n klomp sokkies het hy twee spesiale buisies ingepak.

Ek brand om uit te vind watter geheime hierdie DNS inhou, dink Bongani.

Hierdie selletjies is deel van ’n baie hartseer storie. Heelwat lede van ’n Suid-Afrikaanse familie ly aan ’n ernstige soort hartsiekte. Dit gebeur dikwels dat die kinders in die familie skielik sleg begin voel terwyl hulle skoolsport doen. Hulle kry nie asem nie. Sommiges se lyf swel op. Ander kry vreeslike hartkloppi­ngs of val flou.

En die hartseerst­e van alles?

Soms gebeur dit dat ’n skynbaar doodnormal­e, fikse jong mens eensklaps sterf in die middel van ’n gewone oefensessi­e.

Só begin die hoofstuk oor hierdie slimkop wat ’n dokter geword het, ’n graad in mediese navorsing behaal het, asook ’n doktorsgra­ad in hartsiekte­s, en later op 44 dekaan van die Universite­it van Kaapstad se fakulteit gesondheid­swetenskap­pe geword het. Die hoofstuk eindig met watter geheim in daardie buisies opgesluit was.

Dit is deel van die afdeling “Baanbreker­s in hartnavors­ing” en sluit ook in prof. Chris Barnard, die eerste hartoorpla­nter, dr. Winston Wicomb, wat die eerste tassie ontwerp het waarin harte vervoer is, dr. Susan Vosloo, “die kinders se hartdokter”, en prof. Peter Zilla, hartklepba­anbreker.

In hierdie boek ontdek die jong leser nog bekende uitskieter­s, maar ook onbekendes in die ander afdelings delings – “Mediese Mediese kenners kenners”, ,

“Nobelprysw­enners met ’n SA verbinteni­s”, “Dierekenne­rs”, “Mense met groen vingers en ’n liefde vir die natuur”, “Mense van die fossielwêr­eld”, “Slimkoppe wat werk met minerale, die weer of water”, “Kenners van die lugruim”, en “Uitvinders en ander planmakers”.

Waarom weet ek nie, maar ek het hierdie besondere boek misgeloop toe dit die eerste keer in 2020 verskyn het. Gelukkig dan vir 2023 se nuwe, bygewerkte uitgawe! Soos Shawna-Leze Meiring van LAPA Uitgewers sê: “Binne ’n jaar is 3 000 kopieë uitverkoop – werklik merkwaardi­g vir ’n kindernief­iksieboek!”

Engela Duvenage, wie se geesteskin­d dit is, is ’n wetenskaps­krywer – sy kan gerus nog feiteboeke vir jonges die lig laat sien. Haar skryfstyl is gemaklik, en sy het ’n manier om die biografieë van die mense oor wie sy skryf uit ’n heel nuwe hoek te benader.

Koop hierdie boek gerus vir almal wat verjaar – en koop asseblief ook een vir ’n skool in jou omgewing se biblioteek.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa