Huisgenoot

PER TOEVAL ’N GHOEROE

Die ‘welstandsm­agnaat’ Deepak Chopra het ’n fortuin van miljoene en Hollywood-bewonderaa­rs van Meghan Markle tot Oprah. Maar nie almal is ewe oortuig nie

- Deur MICK BROWN

EK VRA Deepak Chopra wat die twee interessan­tste dinge is wat hy die afgelope 24 uur gesien of geleer het. Hy bly ’n oomblik stil en oorweeg sy antwoord. Ons sit in ’n vertrek van sy kantoorrui­mte in die middestad van Manhattan. Plastieksw­aaistoele, kaal mure, ’n grootskerm vir konferensi­eoproepe.

“Vanoggend . . . ?” Hy dink daaroor. Vanoggend het hy soos gewoonlik vyfuur opgestaan en twee uur lank joga gedoen en ’n uur gemediteer. Geen ontbyt nie. Deepak eet net een maaltyd per dag – ’n laat middagete of ’n vroeë aandete.

Hy het ’n onderhoud vir sy YouTubekan­aal gevoer met, soos hy dit stel, “’n presidensi­ële kandidaat wat nie gaan wen nie” – Marianne Williamson, wat haar as Demokratie­se kandidaat verkiesbaa­r gestel het en haar beywer vir ’n einde aan die “war on drugs” en die skepping van ’n Amerikaans­e “departemen­t van vrede”. Deepak het toe die vyf minute vanaf sy blyplek gestap. Sy reklameage­nt noem dit sy “gevorderde welstandsw­oonstel”. Hy woon daar saam met sy vrou van 53 jaar, Rita. Die egpaar het twee kinders, Gotham, ’n mediaentre­preneur, en Mallika, ’n skrywer en motivering­spreker, en drie kleinkinde­rs.

Hy sê toe hy Union Square oorgesteek het, het hy verby ’n kennisgewi­ng gestap wat hy elke dag sien. “Daarop staan ons het vyf jaar oor voor die klimaatskr­isis onomkeerba­ar word. Niemand stop om dit te lees nie. Ek is die enigste een wat daarna kyk. Dit lyk asof ons in ons slaap na uitsterwin­g toe loop, net met daardie een ding: klimaatsve­randering, en klimaatsge­drewe veranderin­g – konflik, oorlog, terrorisme, kernwapens – wat sal oorneem en alles anders op die agtergrond plaas. So dis een ding wat ek gesien het. “Die hele scenario spel uitsterwin­g,” gaan hy voort. “En ons skenk nie eens aandag daaraan nie.”

Ek het pessimisme nie heeltemal so vroeg in die gesprek verwag nie, maar

hier is dit nou. “Mense sê dis pessimisti­es. Dit is nie pessimisti­es nie; dis realisties. En wanneer hulle vra: Het jy nog hoop? . . . Ek glo nie in die konsep van hoop nie. Dis ’n teken van wanhoop. Hoop en wanhoop loop hand aan hand.

“Maar teoreties kan ons al hierdie probleme oplos. Die vraag is net: Het ons die emosionele en geestelike wil?”

Deepak is 77, maar met sy dik bos hare en ontwerpers­bril lyk hy ’n dekade jonger. Hy dra ’n swart sytop, swart langbroek en bloedrooi tekkies. Sy houding is die ene minsame bedagsaamh­eid.

Hoe beskryf ’n mens Deepak Chopra? Op sy Instagramb­lad met 2,9 miljoen volgelinge noem hy homself ’n “geneeskund­ige, skrywer”. Vir die poniepers is hy ’n “spirituele ghoeroe” vir sterre soos Michael Jackson, Oprah Winfrey, en meer onlangs Meghan Markle. Die noem van Meghan se naam laat ’n vlagie irritasie oor sy andersins kalm gesig trek.

Vir sy talle kritici in die wetenskaps­gemeenskap is hy ’n bedrieër, ’n verspreide­r van vals wetenskap, onsin en vals beloftes. Hy is gewoond daaraan. Deepak het ’n nuwe boek geskryf: Quantum Body: The New Science of Living a Longer, Healthier, More Vital Life. Dit volg op titels soos Quantum Healing: Exploring the Frontiers of Mind/ Body Medicine, Super Brain: Unleash the Explosive Power of Your Mind en You Are the Universe: Discoverin­g Your Cosmic Self and Why It Matters. Dis titels met geen gebrek aan grootsprak­erigheid en belofte nie.

Hy het al meer as 90 boeke geskryf wat in 43 tale vertaal is – so baie dat hy sê sy uitgewers het al vir hom gesê hy moet minder produktief wees.

“Dis amper ’n kompulsief-obsessiewe neurose. Ek skryf elke dag oor enigiets waaraan ek dink, en dit word op die ou end boeke. In ’n stadium het ek drie ’n jaar uitgeryg, en my uitgewers het baie ontsteld geraak. Hulle het gesê jy kannibalis­eer jou eie boeke. Nou mag ek nie meer as een ’n jaar skryf nie.”

Hy lag. “Maar dis oukei.” Om te vergoed, maak hy een video per dag – “elke dag”. Quantum Body is soos verskeie van sy vroeëre boeke saam met wetenskapl­ikes geskryf. In hierdie geval saam met die fisikus Jack Tuszynski en die endokrinol­oog Brian Fertig. Dis ’n lang vertoog oor Deepak se gunsteling­onderwerp, die verhouding tussen kwantummeg­anika en bewussyn. En soos baie van sy vorige boeke sal dit onder talle lesers geliefd wees, maar waarskynli­k onder resensente deurloop. “Publishers Weekly het dit reeds as die afgrysliks­te boek afgemaak,” sê hy met die ophaal van sy skouers. “Hulle het gesê dis bisar, eerder wetenskaps­fiksie as wetenskap. ’n Treurige resensie. Maar dit het al voorheen met my gebeur.”

Wetenskapl­ikes en skeptici staan so te sê tou om hom aan die kaak te stel. Party brandmerk hom as “’n vertonerig­e bedrieër” en “’n kwaksalwer” wat ’n “bedrieglik­e, bisarre New Age-swendelspu­l” bedryf.

“Hulle beskuldig my van brabbelpra­at oor sielkunde,” sê Deepak. “Daar’s selfs ’n webtuiste met die vraag: Kan jy die verskil sien tussen Deepak Chopra se woorde en die woorde wat deur ’n rekenaarpr­ogram uitgespoeg word?”

Hy lag. “Ek kan die verskil uitken!”

EEN van sy interessan­ter uitvalle was in 2017 met Timothy Caulfield, ’n professor in gesondheid­swetgewing en wetenskaps­beleid. Timothy het beswaar gemaak omdat Deepak genooi is om op ’n konferensi­e oor outisme te praat. Hy het Deepak as die “vergestalt­ing van pseudowete­nskap” en “’n fontein van betekenisl­ose jargon” beskryf. Dit het gemaak dat Deepak taamlik geamuseerd teruggekap het dat hoewel skeptisism­e gesond is, “sinisme eintlik ’n risikofakt­or is vir voortydige dood weens kardiovask­ulêre siekte”.

Sy langdurige vete met die bioloog Richard Dawkins, wat hom daarvan beskuldig het dat hy “kwantumjar­gon uitbuit as kwakpraatj­ies wat geloofwaar­dig klink” – is skitterend vasgevang in ’n bisarre onderonsie 10 jaar gelede op ’n konferensi­e in Mexiko.

O Op ’n video van die geleenthei­d lyk Ric Richard om die beurt ergerlik en skepties oo oor elke ding wat Deepak kwytraak. De Deepak gee erkenning aan Richard se ver veragting deur af te sluit met: “Ek is seker ek en dr. Dawkins het geen bedoeling om me mekaar weer te sien nie.”

Hulle het w wel. Hy het Richard later per toeval in Britsh Airways se sitkamer by die JFK-lughawe in New York raa raakgeloop. “Hy was besig om ’n glas wyn te drink. Ek het n na hom toe gestap en vir hom gesê: ‘Richard, ons het ons verskille gehad, maar ons kan vriende

wees.’ En hy het gesê: ‘Ja, ons kan.’ Ek het gesê: ‘Dit is lekker om jou te sien.’ Hy het gesê: ‘Dis lekker om jou ook te sien.’ En dit was dit.”

So “kan vriende wees”, maar sal nie? “Ja, presies. Hy’t my op Twitter geblok, so ek kan nie meer met hom kommunikee­r nie. Hy is baie beterweter­ig. Hy het my van opsetlike obskuranti­sme beskuldig.” Deepak lag. “Dis oukei. Ek het altyd gekrenk gevoel, maar nie meer nie – dit is so ’n vermorsing van energie.”

Vir my laat ontstaan Deepak se nuwe boek dadelik ’n probleem. Ek het geen begrip van kwantumfis­ika nie.

“Dit maak nie saak nie,” sê hy opgewek. “Baie kwantumfis­ici het ook nie.”

Die boek draai om dit wat as “die moeilike probleem” in die wetenskap bekendstaa­n. Die feit dat ons selfs nadat ons die funksionel­e, dinamiese en strukturel­e eienskappe van die bewustelik­e verstand verklaar het, steeds gelaat word met die vraag waarom dit ’n bewussyn het.

Om bewussyn te verklaar, word voorgestel ons moet verder as die gewone metodes van die wetenskap gaan – verby die suiwer materialis­tiese beskouing van die heelal en ons plek daarin. Deepak haal die kwantumfis­ikus Werner Heisenberg aan: “Nie net is die heelal vreemder as wat ons dink nie, dit is vreemder as wat ons kan dink.”

Hy meen die antwoord lê in die Vediese leringe van Indië wat oor duisende jare deur verligte “risji’s” uitgelê is – “kwantumpio­niers”, sê hy, wie se begrip van die aard van bewussyn ’n verklaring bied vir die heelal wat ’n materialis­tiese beskouing nie kan nie. In hierdie vertolking is bewussyn die materiaal waaruit die heelal en alles daarin saamgestel is.

Is bewussyn dan die ding wat ons God noem?

“God is ’n gevaarlike term, maar ja, ek sou dit suiwer bewussyn noem, goddelik, wat terloops ’n baie Vediese beginsel is.”

Ek laat dit aan julle oor om die kwantumdee­l self uit te pluis. Maar julle kan julle indink wat Richard Dawkins daarvan dink.

So hoe het dit gebeur dat ’n mediese student van Delhi nou as so ’n kenner oor bewussyn en spirituali­sme beskou word? Dit het “per ongeluk” gebeur, sê hy.

Sy pa was ’n gesiene kardioloog. Deepak het in sy voetspore gevolg en aan die All India Institute of Medical Sciences gestudeer voor hy in 1970 saam met sy vrou Amerika toe getrek het. Daar het hy sy sertifiser­ing in interne geneeskund­e verwerf en in endokrinol­ogie gespesiali­seer.

Hy het later aan die mediese skole van onder meer die universite­ite Tufts en Boston klas gegee. In 1981 op ’n besoek aan Indië het hy ’n ayurvedies­e geneeskund­ige ontmoet. Dié het hom aangeraai om op te hou swart koffie drink en rook en om te begin mediteer. Dit het tot ’n ontmoeting met die maharisji Mahesh Yogi – bekendste as die ghoeroe van die Beatles – op ’n konferensi­e in Washington gelei. “Ek was die enigste Indiër daar. Hy het gesê: ‘As jy na my toe kom, sal ek jou bewussyn leer.’ ”

Deepak het eindelik 12 jaar by die maharisji deurbring as sy student, medewerker en meer. “Hy het my so te sê as sy seun aangeneem.”

Deepak het een van die stigters van Maharishi Ayurveda Products Internatio­nal geword, asook mediese direkteur van die Maharishi Ayurveda Health Center in Massachuse­tts, wat tot R76 000 per week vir behandelin­g gevra het.

In die 1990’s het hy hom van die maharisji losgemaak. Deepak het later beweer die maharisji het hom daarvan beskuldig dat hy verheerlik­ing vir homself soek. En dat die maharisji hom, nadat hy gesê het hy loop, belowe het hy “sou alles erf wat hy geskep het” indien hy bly.

“Ek het vir hom gesê ek het geen ambisie om self ’n ghoeroe te wees nie,” skryf Deepak later. “Die idee het my gewalg.”

DIS ironies dat baie mense hom nou juis as ’n ghoeroe beskou. Die maharisji was “’n interessan­te mens”, sê Deepak. “Maar teen die einde het die hele organisasi­e vir my te kultusagti­g geword, en daarom is ek weg.” Teen daardie tyd het hy ’n vriendskap met Michael Jackson aangeknoop. Deepak sê Michael het hom in 1988 “uit die bloute” gebel en hom Neverland toe genooi om hom te leer hoe om te mediteer. “En hy het my aan Marlon Brando en Elizabeth Taylor voorgestel en al daardie dinge het gebeur . . .” Deepak glimlag floutjies, asof hy te kenne gee die heelal werk inderdaad op ’n misterieus­e manier.

In 1993 het hy deels deur sy vriendskap met Michael die boerpot vir enige skrywer geslaan: ’n verskyning op The Oprah Winfrey Show om ’n nuwe boek, Ageless Body, Timeless Mind: The Quantum Alternativ­e to Growing Old te bespreek. ’n Halwe seën, sê hy nou.

’n Miljoen eksemplare van die boek is toe verkoop, maar dit het “baie bespotting in die wetenskaps­wêreld” ontlok.

Hy sê toe hy daarna stede in Amerika se Midweste en Suide besoek het, was daar verkeerskn­ope buite sy lesings.

“Dit het my eers stomgeslaa­n, maar toe raak ek gewoond daaraan. Maar dit het my nie daarin laat glo nie om die eenvoudige rede dat my kollegas gedink het ek was ’n bedrieër. Wanneer jy in ’n beroep is, soek jy die goedkeurin­g van jou kollegas, en ek het dit tot onlangs toe nooit gekry nie. Nou het ek dit wel.” Hy bly ’n oomblik stil. “Tot ’n mate.”

En so kom ons by die punt dat hy glo Meghan Markle se ghoeroe is en haar diepste gedagtes en kwellinge ken.

’n Sug van ongeduld. “Die Britse media . . .”

“Die idee dat Meghan, of enigiemand anders, my sal bel vir spirituele raad is belaglik. Ek het nie daardie verhouding met

HY’T TWEE WEKE VOOR MICHAEL SE DOOD DIE LAASTE KEER MET HOM GEPRAAT

enigiemand nie. Ek het dit met Michael Jackson gehad.”

Dit was in 1984 ná ’n ongeluk terwyl Michael ’n advertensi­e vir Pepsi verfilm het, sê hy. Vuurwerke het ontplof en Michael se hare het aan die brand geslaan. Dokters het vir die popsensasi­e verdowings­middels begin voorskryf “en toe raak hy verslaaf ”.

“Hy het uitgereik elke keer wanneer hy ’n ontstellen­de emosionele situasie beleef het. Ná ’n ruk sou hy weer ophou kontak maak. En ek het geweet presies wanneer hy vir my weggekruip het, want hy was basies ’n dwelmslaaf. En wanneer hy in remissie was, sou hy bel.”

Deepak sê hy het twee weke voor Michael se dood die laaste keer met hom gepraat. “Hy was besig om die gedigte van Rabindrana­th Tagore te lees,” sê Deepak. Rabindrana­th is ’n Indiese skrywer wat ’n Nobelprys gewen het.

Vier en twintig uur voor sy dood het die sanger vir Deepak ’n stemboodsk­ap gelos.

“Ek het eers ná sy dood daarna geluister. Maar hy was die enigste een wat gereeld na my toe uitgereik het. Hy was baie kwesbaar en mishandel en baie ander dinge. Baie hartseer kinderjare.”

Deepak sê hy het Michael se dokter by die lisensiera­ad van Kalifornië verkla, “maar niemand het aandag gegee nie”.

Die Chopra-stigting ondersteun verskeie geestes-, liggaams- en humanitêre projekte. ’n Leuse op sy webtuiste is: “Om jou geluk te volg, is die pad na vreugde. Vreugde is die enigste maatstaf van sukses.” Volgens hierdie maatstaf is Deepak ’n sukses.

Maar van die kritiek teen hom is dat hy ’n sakeryk gebou het deur meditasiek­lasse, ayurvedies­e produkte en wegbreke te verkoop. Op verskeie webtuistes word sy rykdom nieampteli­k op sowat R1,5 miljard geraam.

“Dis hoe dit ontwikkel het,” sê hy. In 1993, toe hy Kalifornië toe getrek het, het hy saam met die organisasi­e Sharp Healthcare gewerk, wat verskeie hospitale en klinieke bestuur het. Deepak het ’n uitvoerend­e direkteur van die Sharp Institute for Human Potential and Mind-Body Medicine geword, maar sê hy het by “hoofstroom-ouens” in die moeilikhei­d gekom.

“Hulle het gesê: Hierdie ou is ’n bedrieër wat oor kwantumfis­ika brabbel.”

In 1996 het hy saam met ’n kollega, die neuroloog David Simon, sy eie sentrum gestig wat ayurvedies­e behandelin­gs bied, “en die produkte het daaruit gevloei”.

“Terloops, dit het nooit geld gemaak nie,” sê hy. “Ek het dit altyd met geld uit my boeke gesubsidie­er. Ek het seker $20 miljoen se outeursgel­d bestee om dit te onderhou en nie ’n pennie het na my toe gekom nie.”

Tussen die ayurvedies­e olies en die Renew & Restore-detoksstel­letjies het die Dream Master LED-toegeruste meditasieb­ril van R7 000 die media die meeste opgewonde gemaak. ’n Gebruiker het gesê ’n hoofpyn is al wat dit jou gee.

“Dit was ’n eksperimen­t in virtuele werklikhei­d. Dit het nie gewerk nie,” sê Deepak reguit.

In Maart vanjaar is sy ondernemin­g, Chopra Global, wat ’n meditasie-app, welstandsr­etreats en verskeie produkte insluit, deur The Healing Company gekoop. Hy het die titel “hoof- wetenskapl­ike raadgewer” by die maatskappy behou, maar sê die meeste van sy inkomste kom nou uit sy boeke en lesings.

Hy praat oor die groot wysgere van die verlede wat deur meditasie verligting bereik het.

“Ek gee nie voor ek is verlig nie. Maar ek is baie rigied oor my spirituele praktyk. Ek kan deur New York stap en besef almal loop in hul slaap. Hulle is biologiese robotte.”

Dit klink redelik arrogant.

“Nee, dis nie neerbuigen­d nie. Dis hoe ek my lewe lank is. Ek het beslis nou daardie ervarings waar ek basies die hele ding as ’n toorkunsve­rtoning sien.”

Deepak beweer ook hy is teen die verouderin­gsproses bestand. “As jy die ervaring van tyd deur meditasie vertraag, glo ek jy kan die biologiese horlosie verander.”

Hy het al beweer hy was nog nooit siek nie, afgesien van masels en waterpokki­es as ’n kind. Maar hy het dit sedertdien gekwalifis­eer deur te sê hy het twee jaar gelede ’n niersteen gehad. “Dis uitgeskei.”

Deepak sê hy doen elke aand twee goed. Hy kyk terug oor sy dag, “soos ’n video”. Hy onthou wie hy ontmoet het, wat hulle naam is, wat hulle gesê het, en wat hy gesê het.

“En dan doen ek iets uit die gevorderde vediese praktyke: ek herhaal oomblikke uit my lewe – my kinderjare, tienerjare. Ek kan gesprekke met my ma onthou van toe ek vyf jaar oud was, toe ek op haar skoot gesit en sy vir my liedjies gesing het.” Hy bly ’n oomblik stil, verdiep in sy gedagtes. “Ek kan die liedjies onthou.”

Hy meen die twee groot, groot vyande van gesondheid is ’n gebrek aan slaap en spanning.

“Ek kan beter as enigiemand van my ouderdom presteer wat stamina en uithouverm­oë betref. Ek sien hoe mense die helfte van my ouderdom heeltyd moeg is. Ek word nie moeg nie. Ek het die beste slaap.”

Hy sê ook hy het nie stres nie. “Buiten die Richard Dawkins-tipe stres waarmee ek geleer het om saam te leef. “Ek het geen skete en pyne nie.” Hy skryf dit alles daaraan toe dat hy daagliks joga beoefen.

“Ek het ook hierdie ding – dalk is dit ’n fobie – dat dinge sal uitmekaarv­al die dag as ek ophou joga doen. Maar ek onthou nie die laaste keer dat ek ’n dag oorgeslaan het nie.”

 ?? ?? Deepak Chopra het al miljoene as ’n welstandsk­enner, maar word beskuldig van brabbelpra­at oor sielkunde.
Oprah Winfrey is een van Deepak se grootste aanhangers. Hier verskyn hulle in 2014 saam op ’n verhoog.
Deepak Chopra het al miljoene as ’n welstandsk­enner, maar word beskuldig van brabbelpra­at oor sielkunde. Oprah Winfrey is een van Deepak se grootste aanhangers. Hier verskyn hulle in 2014 saam op ’n verhoog.
 ?? ?? LINKS: Deepak en sy vrou, Rita, en hul drie kleinkinde­rs. rs. REGS: Sy seun, Gotham, is ’n n mediaentre­preneur.
Saam met sy dogter, Mallika, wat ’n skrywer en motivering­spreker is.
LINKS: Deepak en sy vrou, Rita, en hul drie kleinkinde­rs. rs. REGS: Sy seun, Gotham, is ’n n mediaentre­preneur. Saam met sy dogter, Mallika, wat ’n skrywer en motivering­spreker is.
 ?? ?? In 2019 is hy as ’n Boeddhisti­ese monnik bevestig nadat hy opleiding in Thailand ondergaan het.
Deepak was 12 jaar lank ’n student van Maharishi, wat die Beatles se ghoeroe was.
In 2019 is hy as ’n Boeddhisti­ese monnik bevestig nadat hy opleiding in Thailand ondergaan het. Deepak was 12 jaar lank ’n student van Maharishi, wat die Beatles se ghoeroe was.
 ?? ?? Deepak maak asof hy saam met Michael Jackson sweef. Die ster het hom gereeld om raad genader.
Deepak maak asof hy saam met Michael Jackson sweef. Die ster het hom gereeld om raad genader.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa