Huisgenoot

POPPE DANS OOR OSCARS

DIE BOSE BARBIE-BOHAAI

-

IT was die grootste lokettreff­er van 2023. Dit het ’n aardige $1,4 miljard wêreldwyd laat instroom en alles pienk verkleur.

Toe Barbie se manlike hoofster, RYAN

GOSLING (43), vir ’n Oscar as beste akteur vir sy rol as Ken benoem word – en sy medester MARGOT ROBBIE (33) of die rolprent se regisseur, GRETA GERWIG

(40), word nie eens genoem nie – was daar groot ontstelten­is.

In ’n verklaring het Ryan die akademie voor stok gekry. Hy sê al is die benoeming vir hom ’n eer, is daar “geen Ken sonder Barbie nie, en geen Barbie sonder Greta nie. Hulle werk behoort erken te word saam met die ander baie verdienste­like benoemdes.

“Bygesê, ek is baie bly virAMERICA vir AMERICA

FERRERA en die ander ongeloofli­ke kunstenaar­s wie se talent bygedra het om so ’n baanbreker­srolprent te maak.”

America (39), wat vir beste vroulike byspeler benoem is, het haar “ongeloofli­ke teleurstel­ling” uitgespree­k dat Greta en Margot nie ook benoem is nie.

“Dalk is mense geflous om te dink die werk lyk maklik,” het sy aan

Variety gesê. “Dis ongeloofli­k wat Margot as ’n aktrise bereik het. Een van die dinge van haar as s ’n aktrise, is hoe maklik sy alles laat lyk. yk. Greta het amper alles gedoen wat ’n regisseur kon doen om omdit dit te verdien.”

Selfs die voormalige Amerikaans­e presidents­kandidaat HILLARY CLINTON (76) het oor die kwessie kommentaar gelewer: “Greta en Margot, al kan dit seermaak om die loket te wen, maar nie die goud huis toe te vat nie, is julle miljoene aanhangers lief vir julle. You’re both so much more than Kenough. #HillaryBar­bie.”

Maar die gevierde Hollywood-regisseur

OLIVER STONE (77) het Ryan gekritisee­r oor hy in Barbie te sien was. Oliver sê die akteur moet “ernstiger rolle” vertolk.

“Ryan Gosling mors sy tyd as hy daardie strooi doen vir geld. Hy moet ernstiger rolprente maak. Hy moenie deel wees van hierdie infantilis­me van Hollywood nie.”

Ryan se vrou, die aktrise Eva Mendes, het hom op sosiale media verdedig.

“Baie trots op my man. Soveel haat toe hy hierdie rol aanvaar het. So baiemensew­at baie mense wat hom probeer skaam maak dat

hy dit gedoen het.”

‘Ryan het hierdie totaal en al oorspronkl­ike, skreeusnaa­kse, hartverske­urende en nou ikoniese karakter geskep – en dit al die pad tot by die Oscars gevat’ – EVA MENDES

 ?? ??
 ?? ?? BO: Greta Gerwig was die regisseur van Barbie. REGS BO: America Ferrera is benoem as beste byspeler. REGS: Oliver Stone moes ook ’n eiertjie lê.
BO: Greta Gerwig was die regisseur van Barbie. REGS BO: America Ferrera is benoem as beste byspeler. REGS: Oliver Stone moes ook ’n eiertjie lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa