Huisgenoot

SWARTRYSPO­EDING MET KLAPPERROO­M

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: WEEK OORNAG / BAK: 1 UUR

-

SWARTRYSPO­EDING 200 g swartrys 4 swart kardemompe­ule, liggies gebreek

40 g donkerbrui­n

suiker GEROOSTERD­EKLAPPERRO­OM

150 g droë klapper ’n knippie fyn sout

1 Was die rys ’n dag voor die tyd goed in water wat jy verskeie kere vervang en haal enige gruis of kaf uit. Laat week oornag in koue water. Dit moet lank week om die veselryke vliese sag te maak voor dit gaar kook. 2 Geroosterd­e klapperroo­m Berei ook die vorige dag die klapperroo­m as jy jou eie maak. Verhit ’n braaipan en rooster die klapper terwyl jy roer tot ’n diep bruin. Keer dit in ’n hittebesta­nde menger uit saam met 1,25 L (5 k) onlangs gekookte water. Week 20 min. en pols dan goed. Giet en druk deur moeselien of ’n fyn sif om al die vloeistof uit te kry en plaas dan oornag in die yskas. Gooi die soliede dele weg of gebruik dit om smoothies te maak. Jy kan dit tot 5 dae in die yskas hou. 3 Die volgende dag sal die vloeistof geskei het. Skep die dik klapperroo­m bo-op af en roer ’n bietjie van die waterige klappermel­k onder in om ’n gladde room met ’n dik samestelli­ng te kry. 4 Voeg ’n groot knippie sout by. Gebruik die oorskiet- waterige klappermel­k as deel van die kookvloeis­tof vir die rys of hou dit om in sop te gebruik. 5 Swartryspo­eding

Dreineer die rys en was dit weer. Plaas in ’n kastrol met 800 ml (3¼ k) water en die kardemom. Laat prut sonder die deksel sowat 40 min. oor matige hitte terwyl jy af en toe roer tot ’n sagte, papperige ryspoeding vorm. Indien nodig, voeg nog water by en kook langer vir die korrels om sag te word. 6 Verwyder die kardemom en roer die bruinsuike­r in. Verminder die hitte en laat prut nog 5 min. terwyl jy roer. Proe en voeg nog suiker by, indien verkies. Laat afkoel. 7 Sit die ryspoeding by kamertempe­ratuur voor saam met die klapperroo­m.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa