Huisgenoot

SJOKOLADEM­OUSSE VIR MINNAARS

- 1

GENOEG VIR 2 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 4 UUR SJOKOLADEM­OUSSE

100 g 60-70%donkersjok­olade 2 groen kardemompe­ule, saad fyngemaal

1,25 ml ( ¼ t) fyn kaneel

’n klein knippie fyn brandrissi­e

’n klein knippie fyn seesout

10 g ongesoute botter

3 eiers, by kamertempe­ratuur

SWARTPEPER­PRALIEN

75 g strooisuik­er 30 g geroosterd­e haselneute, grofgekap

15 ml ( 1 e) gebreekte kakaobone

2,5 ml ( ½ t) swartpeper­korrels, gekraak

CHANTILLYR­OOM

100 ml kloproom 7,5 ml ( 1½ e) strooisuik­er

Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en hou dit byderhand.

Sjokoladem­ousse

Breek die sjokolade in vierkante en plaas dit in ’n groot hittebesta­nde bak saam met die speserye. Plaas die bak bo-oor ’n kastrol met so 2 cm diep pruttende water, maar maak seker die bak raak nie aan die water nie. Wanneer grootliks gesmelt, verwyder die kastrol met die bak van die hitte en roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt is. Smelt die sout en botter in. Haal die bak van die kastrol af en laat ’n paar minute afkoel. Skei die eiers. Plaas die witte in ’n groot bak en die gele in ’n kleiner bak. Klits die witte tot stywe punte vorm.

4 Roer die eiergele een vir een by die louwarm sjokolade in tot die mengsel glad is. Meng ’n derde van die geklitste eierwitte by om die mengsel ligter te maak. Vou dan die res van die eierwitte liggies in sodat die kosbare lugborrels 2 3 5 6 behoue bly. Verdeel die mousse tussen twee bakkies of een bak vir deel. Verkoel minstens 4 uur.

Swartpeper­pralien

Verhit die suiker sonder om te roer in ’n swaarboomp­an oor matige hitte. Dit sal smelt en ’n donker geelbruin karamel vorm. As die suiker begin verbruin voor dit heeltemal gesmelt is, verlaag die hitte en skud die pan ’n bietjie tot alles gekaramell­iseer het. Roer die haselneute, kakao en peper in. Keer die mengsel op die bakpapier uit en sprei dit effens uit. Wanneer geset, kap dit in ’n mengsel van groter stukke en kleiner krummels.

Klits die room en suiker saam tot sagte punte vorm. Verkoel tot jy dit voorsit. Sit die pralien en room voor in aparte bakke saam met die mousse. Daar sal waarskynli­k meer pralien en room wees as wat jy sal nodig hê, maar nou is nie die tyd om jou in te hou nie.

Chantillyr­oom

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa