Huisgenoot

KARDEMOM-MARSEPEIN-EN-KERSIEBUND­TKOEK

-

GENOEG VIR 12 OF MEER MENSE / BEREIDING EN BAK: 1½ UUR KOEK

300 g marsepein 250 g ongesoute botter, by kamertempe­ratuur, plus ekstra vir smeer 100 g strooisuik­er 2,5 ml ( ½ t) fyn seesout

15-20 groen kardemompe­ule, saad fyngemaal

6 eiers, by kamertempe­ratuur

5 ml (1 t) amandeleks­trak

150 g meel, plus ekstra vir sif

10 ml (2 t) bakpoeier 100 g maraschino-, amarena- of skemerkelk­kersies

VERSIERSEL (OPSIONEEL)

200 g versiersui­ker 30 ml (2 e) kersielike­ur, amaretto of water

Verhit die oond tot 170 °C of tot 150 °C met die waaier aan. Smeer ’n 1,5 L-patroonpan mildelik met gesmelte botter of olie en bestuif met meel. Keer die pan om 1 2 3 om oortollige meel uit te skud.

Sny die marsepein en botter in stukke en plaas dit saam met die suiker, sout en kardemom in die bak van ’n voedselver­werker. Verwerk tot glad terwyl jy nou en dan stop om die mengsel van die kant te skraap, indien nodig. Voeg die eiers, amandeleks­trak, meel en bakpoeier by en pols tot ’n gladde beslag vorm. Dreineer die kersies en maak dit op kombuispap­ier droog. Bestuif met ’n bietjie meel om die kersies rondom te bedek. Dit sal help keer dat dit sink.

Skraap sowat driekwart van die beslag in die voorbereid­e pan. Strooi die kersies oor en bedek met die oorblywend­e beslag. Laat val die pan ’n

Koek

5 6

paar keer liggies op die werkopperv­lak om van enige luggate ontslae te raak en die oppervlak gelyk te maak. Bak 45-55 min. tot die bokant goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom as jy dit in die middel insteek. Laat 15 min. in die pan afkoel voor jy die koek op ’n draadrak uitkeer om heeltemal af te koel.

Meng die versiersui­ker met net genoeg van jou gekose vloeistof om ’n loperige versiersel te vorm. Giet dit dan in die patroon van jou keuse oor die afgekoelde koek.

Versiersel

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa