Huisgenoot

SRI LANKAANSE LIEFDESKOE­K

- 1

GENOEG VIR 8 OF MEER MENSE / BEREIDING EN BAK: 1 UUR

75 g kasjoeneut­e 115 g fyn semolina 10 groen kardemompe­ule, saad fyngemaal

5 ml (1 t) fyn kaneel 1,25 ml (¼ t) fyn naeltjies

1,25 ml (¼ t) fyn neutmuskaa­t 1,25 ml (¼ t) fyn sout

4 eiers, by kamertempe­ratuur fyngeraspe­rde skil van 1 lemmetjie 90 g ongesoute botter, by kamertempe­ratuur

225 g strooisuik­er 37,5 ml (2½ e) heuning

7,5-15 ml (½-1 e) rooswater

Voer die bodem en kante van ’n 20 cmvierkant­ige pan met bakpapier uit. Verhit die oond tot 170 °C of tot 150 °C met die waaier aan.

Pols die kasjoeneut­e in ’n voedselver­werker tot ’n growwe sanderige tekstuur. Rooster die semolina in ’n droë braaipan oor matige hitte tot dit ’n effense neutbruin kleur het terwyl jy af en toe roer.

Plaas die speserye en sout saam met die gemaalde neute in ’n mengbak. Meng die geroosterd­e semolina in.

4 Klits die eiers en die lemmetjies­kil ’n paar minute met ’n elektriese klitser op hoë spoed tot dit lig van kleur is en soos ’n mousse lyk. Klop die botter en suiker met skoon klitsers in ’n skoon bak. Klits eers die heuning en rooswater by, en dan die geklitste eiers. Vou laastens die spesery-neutmengse­l in. Keer die loperige en geurige beslag in die koekpan uit. Bak 35-45 min. of tot die bokant verbruin het en terugbons wanneer jy liggies daarop druk.

Laat die koek in die pan afkoel voor jy dit in kleiner stukke sny. Sit dit voor saam met ’n pot Ceylontee. 3 5 6 7

’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT A WHISPER OF CARDAMOM DEUR ELEANOR FORD (UITGEGEE DEUR MURDOCH BOOKS EN VERSPREI DEUR JONATHAN BALL PUBLISHERS). FOTO’S: OLA O. SMIT. AANBEVOLE VERKOOPPRY­S: R695. DIE PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa