Huisgenoot

Die wenner van die grootste Afrikaanse blokraai is...

-

DIE afgelope Desember was vir baie ’n tyd van vakansie hou, uitrus en gunsteling­dinge doen, maar vir blokraaili­efhebbers was daar iets besonders: Die grootste blokraai ooit in Afrikaans! Week ná week het blokraaier­s gewag en daarna uitgesien om die vakansiebl­okraai se volgende deel in Huisgenoot te kry. Hierdie bielie het stuk-stuk in die tydskrif se vier Desember-uitgawes verskyn en oor altesaam agt bladsye gestrek. En om dit te kon voltooi, moes invullers die onderskeie dele aanmekaarl­as – ’n behoorlike uitdaging met ’n vakansie by ’n ATKV-oord én R10 000 op die spel.

Toe Petra Bekker die kompetisie sien, het sy die huistakies vir haar man gelos en die raaisel gepak. Sy vertel haar man het homself die bynaam “Dobby the House-Elf” gegee en haar “Wat’s-diewoord” begin noem omdat sy heeltyd besig was om woorde te soek. “Die lagbuie wat gevolg het, het ons alleen- tuisbly-feestyd tot so ’n mate opgevrolik dat ons besluit het om tóg die Kersboom te versier,” sê Petra, wat in Gqeberha bly.

Vir baie was die invul van die vakansiebl­okraai gehaltetyd saam met hul geliefdes. Amanda Bussell van Bredasdorp motiveer haar kleinkinde­rs al lank om blokraaie in te vul, want sy glo dit maak jou slim. Toe haar kleindogte­r Mandi de Koker hoor hulle kan ’n vakansie wen, was sy gretig om te help. “Ons het ongeloofli­ke pret gehad met al die woorde wat sy opgesoek het.”

Nog ’n inskrywer, Johanna Bessinger van Kimberley, was Kersfees saam met haar familie in Melkbosstr­and. “Eers het ek alleen aan die blokraai gewerk, maar gou het die ander begin belangstel. Later kon ek net uitroep as ’n onbekende woord voorkom. Dan het die jonges die

Desember 2023, die maand waarin Huisgenoot se grootste vakansiebl­okraai ooit verskyn het, was vir Jeanette du Toit van Riviersond­erend die lekkerste maand in ’n lang tyd. “Dit was die eerste Kersfees in drie jaar wat ons kon ontspan met geen hospitaalb­esoeke en bekommerni­sse nie,” vertel sy.

Hulle het op 30 November gehoor haar seun Conrad Beyers se kanker is in remissie ná ’n groot operasie en intensiewe chemo. Ná die goeie nuus het haar familie saam vakansie gehou op Franskraal. Jeanette sê Huisgenoot se blokraai het gehelp om die dae met reën en sterk winde ietwat korter te maak. “Saam het rekenaars en fone bevlieg en die oueres die woordeboek­e. So het die leë blokkies al hoe voller geraak. Dan praat ek nie eens van ál die nuwe Afrikaanse woorde wat oud en jonk bygeleer het nie!”

“Bietjie vir bietjie het ons gevorder, want ’n olifant, en nou ook ’n vakansiebl­okraai, eet jy stukkie vir stukkie,” sê Annas Coetzee van Stellenbos­ch. “Dit het ons ook nader aan mekaar gebring gedurende die Kerstyd. Ons het ná die voltooiing van die vakansiebl­okraai gevoel of daar iets kortkom.” ons woorde opgesoek en ingevul tot ons uiteindeli­k klaar was. Ons het baie gelag en vir die kleinkinde­rs antwoorde verduideli­k, natuurlik met baie glase koeldrank en lekkergoed.”

Dié gr. R-juffrou voltooi al meer as 40 jaar blokraaie, maar skryf selde vir kompetisie­s in. Jeanette sê sy is oorstelp oor die pryse wat sy met haar harde dinkwerk gewen het. “Dis só ongeloofli­k lekker om iets te wen – en dan is dit nog so ’n groot prys!”

Jeanette stap weg met die spogprys van ’n vakansie vir vier mense by ’n ATKV-oord en R10 000 kontant.

‘DIT HET ONS OOK NADER AAN MEKAAR GEBRING GEDURENDE DIE KERSTYD’

Vir baie inskrywers was die vakansiera­ai ’n groot uitdaging. Dit is die grootste blokraai wat al ooit in Huisgenoot verskyn het. Benewens die grootte het die formaat dit ook uitdagend gemaak. In die rooster kruis die antwoorde meestal net op elke tweede letter. Invullers kry dus, anders as in byvoorbeel­d Huisgenoot se bekende groot blokraaie, heelwat minder hulp van die ander kruisende woorde.

Johanna Cilliers, nog ’n Kimberliet, beskryf die blokraai as “erg moeilik”. Sy het

 ?? ??
 ?? ?? Desember was familie- en blokraaity­d vir Jeanette du Toit, die wenner van Huisgenoot se grootste Afrikaanse vakansiebl­okraai. By haar is haar seun Conrad Beyers en kleinkinde­rs Armand en Nicola, haar oudste seun, JH Beyers, se kinders.
Desember was familie- en blokraaity­d vir Jeanette du Toit, die wenner van Huisgenoot se grootste Afrikaanse vakansiebl­okraai. By haar is haar seun Conrad Beyers en kleinkinde­rs Armand en Nicola, haar oudste seun, JH Beyers, se kinders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa