Huisgenoot

FLITSVRAE: FRANCOIS VAN COKE

-

Waaroor is jy spyt?

Dat ek die meeste van my twintigs in bars deurgebrin­g het en baie min die son gesien het. Wat beïndruk jou in ander mense?

Mense se werksetiek beïndruk my. Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi?

Paul McCartney. The greatest living rockstar. Wat sou jy dan vir ete maak?

Braai. Ek dink hy’s actually vegan, so ek sal probably een of ander groente vir hom moet braai. Wat is jou gunsteling- SuidAfrika­anse gereg?

Is melktert ’n gereg? Wat is vir jou snaaks?

My vrou is vir my snaaks. Ek lag vir haar. Baie. Wat is jou gunsteling­gesegde in Afrikaans?

Kyk noord, f** voort. Wat maak jou nostalgies?

Ou rugbywedst­ryde is vir my die guilty pleasure op toer. Wie of wat is die liefde van jou lewe?

AC/DC – Back in Black. Queens of the Stone Age – Songs for the Deaf. Nirvana – Nevermind. Watter Afrikaanse reeks sal jy weer kyk?

Die Real Housewives van Pretoria. Jou gunsteling­fliek?

Inglouriou­s Basterds van Quentin Tarantino. Wie sal jou speel in die fliek oor jou lewe?

Bobby van Jaarsveld. Wat is jou grootste prestasie?

Om ’n boksgeveg teen Derick Hougaard te wen. Watter talent sou jy wou hê?

Ek sou graag wou kon surf. Wat is jou grootste uitspattig­heid?

Om lekker te eet. Watter Afrikaanse liedjie is jou gunsteling?

“Onder in my whiskeygla­s” van Koos Kombuis. Wat maak jou trots om ’n Suid-Afrikaner te wees?

Die Springbokk­e. Wat is jou versteekte talent?

Ek rook nie meer nie, maar ek kon ’n sigaret in my mond flip terwyl hy aan die brand is. Wat is jou troetelnam­e van jou maat?

Ek is ’n Frannie, nie ’n Franna nie. Watter gier hoop jy kom nooit weer terug nie?

Ek hoop eintlik skinny jeans kom weer terug, want ek dra nou al 20 jaar skinny jeans. Wat is die een ding wat jy wens jy al op hoërskool geweet het?

Ek sal graag vir my hoërskools­elf wou sê dit raak beter as jy ouer raak, moenie worry nie. Wat is jou huidige obsessie?

Ek is obsessed met hardloop. Wat is liefde?

Liefde is al wat jy nodig het.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa