Huisgenoot

EN TOE IS DIT LIEFDE

MICHELLE EN LEE DAVIDS

-

EK HET hom die eerste keer by ’n kuier ontmoet en ek’t regtig nie in hom belanggest­el nie. Hy het in my. Twee weke daarna het ons vir my broer se verjaardag Ratanga Junction toe gegaan, en dis waar die vonkies gespat het. Hy’t my glad op sy skouers deur die spreiers in die park gedra.

Ek wou nog altyd iemand soos hy gehad het. Hy was lig en stresvry. Hy het die kalmte, die fun, in my uitgebring.

Die aand in die parkeerare­a het hy my die eerste keer gesoen. Ek was ontsteld, want hy’t nie lekker gesoen nie en ek’t vir hom gesê: “Wag, laat ek jou wys hoe jy my moet soen.”

Ons het nooit gestry of baklei nie. ’n Jaar nadat ons begin uitgaan het, het hy my eendag gevra: “Nou wanneer stry ons twee dan, is dit dan nie normaal vir couples om te stry nie?”

Hy was so gespanne daai dag by Spur, en hy was nooit so nie. Hy’t so baie gerook dat ons glad in die rookarea moes sit.

Hy het die waiter gevra om my ring in die ice cream te sit.

Later het twee van sy vriende daar aangekom en sommer by ons tafel gesit. Ons het later só gekuier dat Lee vergeet het hy’s besig om verloof te raak.

Toe die poeding kom, wou ek my eers vererg, want daar’s iets in my ice cream. Ek kon verstik het aan die ring.

Ek het toe maar stilletjie­s die ring skoongemaa­k en dit aan my vinger gesit. Hy het dit eers later aan my vinger gesien en gesê: “Oe, jy’t dit aan, is dit dan ’n ja?”

Hy het agterna by die huis op sy knie gegaan en my reg gevra.

Ons was 19 jaar saam en 12 jaar getroud. Ons het aan die begin nie baie gehad nie, maar dit was genoeg. Hy was my bestie.

Hy was baie slim. Hy was ’n ingenieur en het later sy eie besigheid begin, want hy was “moeg daarvan om ander mense ryk te werk”. Ek en ons kinders het alles gehad.

In 2019 is hy aan pankreatit­is dood. Hy het sy flaws gehad. Hy was nie perfek nie, maar ons was perfek. Die kinders was lief vir hulle pa. Ek was baie bitter ná sy dood. Ek was nog so jonk, met drie klein kindertjie­s.

Die Here gee jou dié wonderlike man. En ewe skielik is hy net weg. My sielsmaat. My mens.

Ek droom baie van hom, my droomman. Soms gaan sit en eet ek nog alleen ice cream by die Spur.

 ?? ?? Lee en Michelle Davids se liefdesver­haal het mooi begin. By hulle is hul kinders, Lauren en Penelope.
Lee en Michelle Davids se liefdesver­haal het mooi begin. By hulle is hul kinders, Lauren en Penelope.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa